nood ek sluk swaar aan die dik wit sediment van sulfaat gaan lê roerloos op die naat van my rug op die harde bed die skanderingsapparaat tas my inwendige af vreemde koppe tuur teen die lig ondersoek die film murmur onderlangs oor die ingewande vertakte buisies in die long en verkalkte werwels wat…
Category: Kompetisies
Elmarie Viljoen-Massyn. Vier benaderings tot die pomelotoestand
Vier benaderings tot die pomelotoestand So gemaak, so laat val reg onder die boom met stuurs vrugte. Al teenvoeter vir bitterbek is ʼn stewige streep suiker. Die lewe het jou suurlemoene gegee. Jy weet wat om te doen daarmee! Swart van gal? Swaar van gemoed? Ons dokter jou dat dit…
Margaret Cordier. Nagwaak
Nagwaak wanneer ek deur die winter van jou laning loop sny daar ‘n ysige wind in die voue van my sloop reik ek uit tas liggies in die nag vang my vingers die blare aan die eikeboom se skag – die grys krulle van jou weglê kuif teen die kussing van die dag…
Pirow Bekker. Demensie (onder lede)
Demensie (onder lede) Aan A. Ek weet hoe jy streef na ‘n eenvoudige woord, hoe jy jou kop breek, jou vasloop teen ‘n newel. Ek weet hoe vaardig jy was met klere maak, hoe jy leerjongens dit onder die knie laat kry, hoe jou pylnate pastersteek uit die naald uit skiet, hoe sonder…
Johann Lodewyk Marais. Kroegpraatjies
Kroegpraatjies “Sy had ’n dubbele mastektomie, nou al jare terug,” sê die dokter, haar neef, “en sy antwoord nie haar foon nie.” Ons gesels oor appels en denne en die ywer van vergange dae om in die misgordel vooruit te boer. Kinderdae en kinderspeletjies se herinneringe bly ongenoem of het soos…
Reinette Thiart. Ysskaatser in swart
Ysskaatser in swart Sy werp ‘n stil blik na Moeks – die litteken bly by onvermydelik gelyker tyd broei – en bloeiplek; duidelik die laaste spin – is oorhoeks. © Reinette Thiart, 2023
Johann Lodewyk Marais. Mastektomie
Mastektomie In die sterfkamer maak ek Ma se klere bymekaar: rokke, bloese, truie, ’n jas, skoene, sakdoeke en, onverwags, ’n roomkleurige bra met watte aan een kant ingestop. © Johann Lodewyk Marais, 2023
Gerard Scharn. de weg naar de top (voor Frans C.)
de weg naar de top (voor Frans C.) je klom op een dak om de wereld te ontvangen dertien jaar oud en de wereld lag aan je voeten sindsdien rolstoel gebonden het hoofd ongeschonden je nam drempels waar een ander aarzelde geen pad te bochtig of te steil geen berg bleek onoverkoombaar…
