Hart sonder hawe Uys Krige praat van die hart sonder hawe en soggens voor sonsopkoms al kyk ek uit oor die puerto: ‘n skip uit ‘n verre land volgens die rooi en blou vlag uit Chili of die VSA dalk. In Santiago de Chili wag ek laatnag op haar, ontmoet by die Serrano-gletser…
Category: Kompetisies
Anton Döckel. Nartjie
Nartjie Opperman – askies My voete rus op ’n gepluisde mat vrouens mag maar my lewe reël iemand woel in die kombuis druk besig met n koffiemeul As ek die nartjie se kleur afskil en die skyfies op die bord uitpak wil ek een laat agterbly. Één uit die hele kartondoos roep…
Joan Hambidge. Selfportret op 66
Selfportret op 66 Deesdae is hierdie spieël onbeantwoorde e-posse of die dwinglandy van misverstand. Te veel stiltes wat my verswelg op vele herinneringsreise soos waar bevind daardie yskoue geliefde haar? Drome oor hysbakke in ‘n vreemde stad telkemale ondergronds volledig verken. In hierdie kelders word notaboeke uitgestal waarop die name van die dooies…
Marieta McGrath. jan pierewiet
jan pierewiet terwyl sy na die wekker tas sug hy log langs haar terwyl sy voete in pantoffels steek snork hy met ontblote bors terwyl sy kosblikke toedruk skree hy vir sy koffie terwyl sy kneusplekke toeverf, soen hy haar in die nek as sy straataf loop fluit hy deur die oop…
Marieta McGrath. Dryf
Dryf Ek sprei my uit, ‘n ope blaar wat op sy rug, vry, stroomlangs vaar. Nie lank nie of my middellyf word swaar en sink, versteur die dryf: selfs rus, die losmaak van die plig, vereis ‘n spanning in die rug. ©Marieta McGrath, 2023 (Renboot, NP Van Wyk…
Anton Döckel. huis toe ̶ eerste semester
huis toe ̶ eerste semester Inspirasie: Lynthia Julius (die intellektualisme van goed) Voor die spieël haak ek Etiek uit my ore, nog op pad na die bus skud ek Metafisika van my skouers af Heidegger val uit die slapte van my hand Nietzsche trek ek van my vinger af (moet onthou om dit…
Joan Hambidge. Chosism
Chosism Frederik Engelbrecht Terug na die dinge, die objekte, soos die fenomenologie tereg eis. Terug in die tyd besoek ons, toe jonk, sy plaas (By die dinge) in die berge. Hier kon ‘n mens uitkyk oor plantasies met mis en reën en reën en mis. Hy, met ‘n pyp in sy mond, was…
Bester Meyer. Dubbeldoos
Dubbeldoos ek sit in die paleis van justisie vasgegrendel aan die banke soos ʼn Madiba van ouds – snak na my asem in die wete dat: die oë van die waarheid dra die maskara van die leuen dat die weg, as die waarheid, en ook die wysheid nie verstaan kan…
