OORLEG Als dit ons kleindogters betref raadpleeg my lief my altyd nie voor sy iets afspreek nie maar daarna, nou ja daar is nou eenmaal baie soorte oorleg © Miel Vanstreels, 2026
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Koos de Wet. korrosie
korrosie tog snaaks hoe chemie ons, eens uit stof, en aanmekaarverbindmet rib tot (b)een, na seisoene in die eg oksideer tot roes. © Koos de Wet, 2026
ND Cronjé. by die roggeveldberge
by die roggeveldberge by die voet van die berg lê wat daar nêrens op ‘n kaart verskyn nie ongedokumenteer, deur son en wind verweer: ‘n geroeste blik op ‘n klip, die wit geraamte van ‘n voël, gedeeltelik, ‘n skoensool wat sy menswees verloor het lankal terug die dag begin daar bo op…
Joan Hambidge. Nog in my laaste woorde
VWL Huldiging Nog in my laaste woorde N.P. van Wyk Louw Jou het ek nooit ontmoet, dog telkemale die lof besing in palinodes én vererings: “mooi is die lewe en die dood is mooi”, ons herinner, selfs geleer: wees tog bondig. Wie sou dit waag om ‘n halwe kring te voltooi?…
Jeanne Henning Els. noodgeval
noodgeval die vliegtuigie sirkel ál hoër ‘n laaste dreun, dan stol hy bo stellenbosch se vliegveld reageer op die bevel ‘go!’ was die jumpmaster se instruksie by die aapkas nou hurk jy, hier, in die tuig springer teen springer, opgeknop in ‘n ry voor die oop deur jou…
Jeanne Henning Els. wholeworld
wholeworld op die sypaadjie voor die biblioteek in kampsbaai sit james kissie kaalvoet kombers so waantoe is mevrou dan nou vandag oppad woodstock toe, na woolworld, vir breipenne ja die winter kom aan mevrou dalk gaan ek ook eendag wholeworld toe © Jeanne Henning Els, 2026…
Koos de Wet. Sakkies lug
Sakkies lug Die lewe blaas in lug vars oor horisonne heen, suurstofkarweiers met volsakkiesdaarvan lewer vir longe dit in gleuwe af. ’n Heimlich-manoeuvre bewys: Daar is lewe in teue lug. © Koos de Wet, Junie 2026.
Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”
Ek het Jan Blohm se youtube-video “Jenny” op Romeense byskrifte geplaas en ge-autotranslate na Afrikaans. Kyk net watter interessante gedig kom daar uit! Jenny [Musiek] Gaan na die mark – o mymel, dis groen Ek ruik nou: kom ons gaan uit Beveel eerder ‘n ander om my “my” te noem Ek…
