Foto 24 – Windpomp en vlakte https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Naspel 2026 Ek gaan ewe verwaand langs ʼn plaasdam staan – vergeefs, dis droog. Ek skiet tóg – die klip vlieg hoog, draai skerp en Artemis dof uit hitte tot in warm stof. © Jan Pretorius, 2026
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Jan Pretorius. Roggeveldse silwer aand
Foto 10 – Stofstraat. Sutherland. https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Roggeveldse silwer aand Die middag het gevries in vrees en skrik met elke klein geluid en saans moet almal binne wees – geketting-en-gesluit. Rou riool in ʼn moddersloot laat die silwer skemer stink; in ʼn stofstraat sien jy klein en groot by ʼn tenkwa tou…
Jan Pretorius. Orycteropus afer
Foto 18 – Naghemel Rogge Cloof https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Orycteropus afer Ek raak onbesuis bewus dat daar ʼn gevroetel in die heelal is; ek fokus flink my teleskoop en sien ʼn erdvark waggel-loop. Sy stert se sleep is baftablou, terwyl hy gitswart gate grou – hy dolwe oral newels om, maar toe staan ek…
Krige Visser. die hawe
die hawe sou ek dit waag luister in Amsterdam op die wal staan “galsterig” die klank van die harmonika van die hand Brel of Faithfull s’n selfs Bowie se krete na die hawe se land agter die kortspeelplaat gesmee in die skuld van verdriet net as jy dit met toegepasde erns op…
Joan Hambidge. Nog eenmaal
Nog eenmaal Nogmaals VWL Nog eenmaal wil ek in die skemeraand weer op ons dorp, nou sonder water staan, weer met my oë op na die sterre kyk, en luister na my onderwyser oor jou “Seekoevlei”, in die dorpsbiblioteek vérder lees aan Nuwe verse tot in hierdie donkerte waar jy steeds ‘n baken…
Elmarie Stofberg. Karoodorp: Winteraand
Foto 5: Skemeraand met volmaan https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Karoodorp: Winteraand die namiddag stol roosgoud en iewers blaf ‘n hond en bome langs die blougruis pad soldate wat waghou en die maan hang rond en die kragdrade stywe snare en iemand loop alleen die rooikoper skemer in doer op die koppies lê die laaste…
Jasmyn Beetge. Oorlewing van die sterkste
Oorlewing van die sterkste bok loop blind by ‘n leeu verby en word verslind © Jasmyn Beetge, 2026
Koos de Wet. NP: RIV
NP: RIV ’n Alleenspraak om wyse raad uit die poёsie en lewe van N.P. Van Wyk-Louw met die herdenking van sy eenhonderd-en-twintigste verjaarsdag te ontgin I Jou ewige onvoltooiing (oor die Roggeveld gespan) kaal in ’n halwe kring in alleenspraak naak voor God en leser het jou beitel ons taal ondenkbaar hoёr laat…
