Woordterminaal Het beste woord dat ik kan geven is een luisterapparaat voor een geweldige stilte. Hans Andreus Iedere woord open op ’n agterkamer van begrip of verlies. Ek staan voor die ingang, en die deur skuif oop met my taal as terminaal van toetrede. Of vertrek. Ek tree oor die drumpel, na…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Louis Esterhuizen. wat onthou gaan word
wat onthou gaan word hierdie skoenlapper by my ruit flettersag en geel tussen al die groen soos toe jou moeder een novemberdag sonnig en somers daardie dag toe ’n skoenlapper jou al huilende na buite gevolg het ek wou die goue vertroostinkie uit jou hare vee, maar nee, het jy gekeer,…
Louis Esterhuizen. Bloureën
Bloureën Die dag toe ons gelukkig was, was ’n gewone dag. Die son het opgekom, en later weer gekwyn. Niks meer, niks minder. Nogtans is ons gestingel aan daardie terloopsheid soos twee bloureëntrosse aan die draadprieel van ’n gegewe moment. Die dag toe ons gelukkig was, was ’n normale dag. Die…
Louis Esterhuizen. Aankoms
Aankoms Wanneer ’n man en ’n vrou mekaar laat in hul lewens ontmoet, is daar weinig eerstes om agterna te onthou. Dit is om in die pad om ’n draai te kom. Om hulle strek ’n gans ander landskap, maar helaas, dit bly altyd vergelykbaar met ’n voorafgaande. Wanneer ’n man…
J.M. Goedhart. Dit storm op Sneeuwitjie se glasdak exhaust
Dit storm op Sneeuwitjie se glasdak exhaust “Syspieël, spieël sy, boom val in die weer.. Wie is mees nietig om soos menstak te verteer?” die wreedaard skuil geniepsig dood soos ‘n woordvoer kalander aan die pyp gorrel rook sy siedaar al sink- ent en soebat in ‘n krummelklep klep klep die…
Charité Mouton. Blou naweek
BLOU NAWEEK Op Vrydae vou verlange haar toe soos ‘n mis-kombers, Saterdae rafel dit al dunner uit en teen Sondae knoop dit om haar keel. © Charité Mouton, 2026
Hennie Maartens. uitgeput
uitgeput ek is uitgeput Here daar is geen rus in aardse sfere dalk lê daar hoop in kriogenetika maar onsterflikheid is nie in my genetika © Hennie Maartens, 2026
ND Cronjé. oor die kunsmatigheid van intelligensie
oor die kunsmatigheid van intelligensie Laatnag sit mens langs die lamp wanneer slaap nie saak maak nie wanneer die vuur as en koud geword het en nie meer aangeblaas kan word nie. Jy stuur ‘n vingergebed deur die gange van die sleutelbord: ‘n voorstel vir ‘n gedig aan die self op ‘n…
