Breyten Breytenbach in gesprek met Andries Bezuidenhout * Andries Bezuidenhout (AB): Breyten, baie geluk met die publikasie van katalekte en dankie vir hierdie geleentheid om namens Versindaba ʼn gesprek met jou daaroor aan te knoop. Breyten Breytenbach (BB): Dankie, Andries. AB: Die bundel is deel van ʼn driemanskap in blou, geel en rooi, met…
Category: Onderhoude
Gereelde onderhoude word gevoer met digters wat ‘n nuwe bundel gepubliseer het. Daar is ook soms onderhoude met buitelandse digters of letterkundiges. Kyk na Indekse indien jy die volledige lys wil sien van onderhoude wat geplaas is.
Onderhoud met Marius Crous
Marius Crous in gesprek met Marlies Taljard Oor nukke, die bedrading van die brein, die liggaam en die seksuele *** Marius, baie dankie dat jy ingestem het om ‘n bietjie te gesels oor jou nuwe bundel, Vol Draadwerk. Ek sien besonder baie uit na dié onderhoud, want die lees van jou bundel was vir my…
Onderhoud met D.P.M. Botes
Foto: circa 1973 “Liefde is universeel en vorm die grondslag van die menslike bestaan.” Johann Lodewyk Marais in gesprek met D.P.M. Botes D.P.M. Botes is op 7 Julie 1935 in Witbank gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal. Daarna verwerf hy ‘n BA-graad met Afrikaans-Nederlands en Afrikaanse en Nederlandse Kultuurgeskiedenis aan…
Onderhoud met Loftus Marais
Loftus Marais oor die moerige minnaar wat hom happy hou Onderhoud met Melt Myburgh by die verskyning van Marais se tweede digbundel, Kry my by die gewone plek aguur Loftus, as ek my spriete uitsteek, registreer ek ʼn oorweldigende vibrasie van afwagting en opwinding oor die verskyning van jou tweede bundel, Kry my by die…
Onderhoud met Jacobus van der Riet
Die Onsienlike Son en die sigbare heiliges Onderhoud met Jacobus van der Riet (foto) deur Cas Vos *** Kobus, van harte geluk met jou uitstekende debuut. Dit is ‘n bundel wat die Afrikaanse poësie verryk en verdiep. Dit is ook pragtig uitgegee deur Protea Boekhuis. Dankie, Cas, ek is bly as jy van…
Onderhoud met Petra Müller
Sandberigte vir die son Petra Müller gesels met Melanie Grobler oor haar bundel Om die gedagte van geel “Een honderd lesers van jou gedigte is genoeg.” – Martin Versfeld. *** Petra Müller woon tans in Larmenier Village op die gronde van Nazareth House, ‘n werkende klooster en hospitaal vir kinders met vigs. Sheila Cussons…
Onderhoud met Daniel Hugo
Gesprekke vir die binne-oor Daniel Hugo gesels met Joan Hambidge oor sy pasverskene bundel, Hanekraai *** Baie geluk met jou nuwe bundel Hanekraai wat sopas by Protea verskyn het, Daniel. Ek het in 2007 met jou op Litnet gesels Ek wil nie myself herhaal nie en verwys lesers graag na hierdie onderhoud. ‘n Vraag…
Onderhoud met Hans du Plessis
“Om grense af te breek” Hans du Plessis in gesprek met Elias P. Nel oor sy jongste bundel Griekwapsalms: Karos orie dyne. LAPA Uitgewers 2012 Hans, eerstens wil ek jou gelukwens met jou nuwe bundel. As iemand wat ook met ‘n variëteit van Oranjerivierafrikaans, soortgelyk as die in die bundel grootgeword het,…
