‘n Uiters belangwekkende onderhoud oor die digkuns en vertalings in die algemeen, asook hoe dit meer spesifiek in die komende Dansende Digtersfees neerslag gaan vind, is die onderhoud wat Francis Galloway met Breyten Breytenbach vir LitNet gevoer het. Die onderhoud is gister, 24 April 2013, geplaas. By wyse van lusmaker plaas ek graag twee uittreksels uit…
Category: Onderhoude
Gereelde onderhoude word gevoer met digters wat ‘n nuwe bundel gepubliseer het. Daar is ook soms onderhoude met buitelandse digters of letterkundiges. Kyk na Indekse indien jy die volledige lys wil sien van onderhoude wat geplaas is.
Onderhoud met Cas Vos
Cas Vos in gesprek met Zandra Bezuidenhout oor sy nuwe bundel Duisend dae op jou spoor. Cas, jy is seker trots op jou aantreklike nuwe bundel met die mooi poëtiese titel Duisend dae op jou spoor, wat bowendien die leser nuuskierig stem. Dit val op hoe goed veral jou jongste bundeltitels op die oor val,…
Onderhoud met Gilbert Gibson
Gilbert Gibson in gesprek met Amanda Lourens oor sy nuutste digbundel, [vii]. “Die gedig as verborgenheid impakteer in suksesvolle gevalle net soveel op die leser as byvoorbeeld ʼn verhalende gedig of ʼn praatvers.” Gilbert, baie geluk met die verskyning van jou jongste bundel, [VII]. Dit is jou vierde bundel in agt jaar, wat stellig…
Onderhoud met Alfred Schaffer
Alfred Schaffer oor sy nuwe vertalings “Kom in, dit vries daar buite”, in gesprek met Danie Marais. “Die mate van verstaanbaarheid hang tot ’n mate saam met die soort van assosiatiewe denke van die leser.” Alfred, eerstens baie geluk met hierdie merkwaardige bundel – ’n persoonlike keur uit jou werk, vertaal deur Daniel Hugo. Gedigte…
Onderhoud met Clinton V. du Plessis
Clinton V. du Plessis in gesprek met Alfred Schaffer RANGEER deur Clinton V. du Plessis “Miskien skryf ek om te onthou” Hallo Clinton, geluk met jou nuwe bundel Rangeer! ’n Digbundel wat amper lees soos ’n persoonlike Groot Verseboek – omvattend, uitputtend, veelkantig. Hoe kyk jy terug op jou eerste digbundels en gedigte, vanwaar…
Onderhoud met Melanie Grobler
Melanie Grobler gesels oor haar nuutste digbundel met Heilna du Plooy “Daar is geen sekerhede vir dié wat na aan die paradoks leef nie.” Heilna: Baie geluk, Melanie, met die bundel, Deur ruite van die reis, wat binnekort verskyn. Die bundel het ‘n baie mooi titel. Verduidelik asb. Hoe jy by die titel uitgekom het…
Interview with Donald Dunbar/ Onderhoud met Donald Dunbar
Interview with Donald Dunbar, winner of the 2012 Modern Poet Series By Louis Esterhuizen * Donald Dunbar co-curates the reading series If Not For Kidnap and teaches poetry to future chefs at Oregon Culinary Institute. Fence, who released his first full collection, Eyelid Lick, as the 2012 Fence Modern Poets Prize winner. Stylistically, the book is a…
Onderhoud met Susan Smith
Susan Smith in gesprek met Amanda Lourens : in die afwesigheid van sin “Ek vind aanklank by taal wat ’n vrou se denkwyse reflekteer.” 1. Susan, baie geluk met die verskyning van jou debuutbundel! Jy het egter reeds in 1997 in Nuwe Stemme I gedebuteer, en intussen het van jou gedigte in…
