Wannie, om as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verkies te word, is ‘n enorme prestasie. Presies hoe werk so ‘n verkiesing en hoeveelste voorsitter is jy van dié invloedryke organisasie? Volgens terugvoer uit die Akademiekantoor in Pretoria is ek die 40ste voorsitter. Ja, dit is werklik ‘n besondere eer en voorreg…
Category: Onderhoude
Gereelde onderhoude word gevoer met digters wat ‘n nuwe bundel gepubliseer het. Daar is ook soms onderhoude met buitelandse digters of letterkundiges. Kyk na Indekse indien jy die volledige lys wil sien van onderhoude wat geplaas is.
Vat vyf, Elmari Rautenbach: Media24 se Nasionale Boekeredakteur
Elmari, jy is sedert begin Junie aangestel in die invloedryke pos van Nasionale Boekeredakteur vir Media24 se dagblaaie; uiteraard met ‘n omvattende mandaat. Wat behels hierdie opdrag wat aan jou gegee is, presies? Om die wêreld van boeke en skrywers, op soveel maniere en op soveel platforms moontlik onder die oë van Afrikaanse lesers te…
Vat vyf, Melt Myburgh: Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir 2011
Melt, veels geluk met die welverdiende bekroning van jou debuutbundel, oewerbestaan (Protea Boekhuis, 2009). Jy is sekerlik opgewonde daaroor, is jy nie? Wat beteken hierdie prestigeryke erkenning van jou digwerk vir jou op persoonlike vlak? Baie dankie, Louis. Ek is baie dankbaar vir die prys, want dit is ʼn groot eer om op dié wyse…
Digstring. Anne-Ghrett Erasmus. Skilder
Skilder (In die oomblik van verf staan kop en tyd doodstil.) Kleure smelt op die palet – word ritme en lê sag in volle vlees. Sabelkwasse dans en koek om die oeroue rite: lewe te gee aan die lap. Waaierkwasse lek oor die doek en terpentyn versag die vloeibaarheid met die voel en…
Digstring: Joan Hambidge. Parys
Digstring: Parys Parys If you are lucky enough to have lived in Paris as a young man, then wherever you go for the rest of your life, it stays with you, for Paris is a moveable feast. Ernest Hemingway Intimiderende, invloedryke, imposante Parys: plek van bloed, opstand en onthoofding. Jy is my Bastille én…
Digstring. Andries Samuel. “all god’s children took their toll”
Let wel: Die gedig wat betrekking het op hierdie digstring volg heelonder. Andries, Wanneer het jy dié gedig geskryf. Hoe het dit ontstaan? dit was na die israeli veldtog in ghaza aan die begin van 2009. ek was toe net daar om te kuier by my kind. ek was oorweldig deur die arrogansie…
Andries Bezuidenhout. Onderhoud met Ronelda S. Kamfer
Mense van die dorpie Skipskop is in 1985 deur die regering uit hul dorp verskuif – baie na Kassiesbaai by Waenhuiskrans, ander na Bredasdorp en Struisbaai toe – om plek te maak vir Krygkor se missieltoetsgrond by De Hoop. Die dorp se naam kom van die wrak van die Maid of the Thames, wat rondom…
Vat vyf! Erik Lindner, redakteur van “Terras”
“Terras, de opvolger van het periodiek Raster, presenteert zijn 0-nummer tijdens het 42ste Poetry International Festival Rotterdam met een voordracht door K. Michel. Terras is een plek, een verzamelplaats, een omgeving op het web waar literatuur uit binnen- en buitenland wordt gepubliceerd, waar veel aandacht is voor vertalingen en voor alle genres waarin de literatuur zich openbaart:…
