Joris Cornelissen is die organiseerder en feesdirekteur van die eerste Festival voor het Afrikaans wat vroeër vandeesmaand in Amsterdam plaasgevind het. Die fees se oogmerk was om belangstelling in die Afrikaanse letterkunde, musiek en toneel onder Nederlandsprekendes aan te wakker. Joris, die eerste Festival voor het Afrikaans was inderdaad ‘n belangwekkende gebeurtenis. Hoe en waarom…
Category: Onderhoude
Gereelde onderhoude word gevoer met digters wat ‘n nuwe bundel gepubliseer het. Daar is ook soms onderhoude met buitelandse digters of letterkundiges. Kyk na Indekse indien jy die volledige lys wil sien van onderhoude wat geplaas is.
Vat vyf! Rufus Gouws, ‘n redakteur van ANNA
Prof. Rufus Gouws is voorsitter van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch en leksikografiedosent, en ook lid van die redaksie wat die eerste Afrikaans-Nederlands / Nederlands-Afrikaanse woordeboek (ANNA) wat onlangs by Pharos verskyn het. “Eintlik is ANNA ‘n verliefdheidswoordeboek waarin Nederlands sy liefde verklaar aan Afrikaans. Soos ‘n jongman besef sy…
Onderhoud met Glen Sorestad – Interview with Glen Sorestad
I was Poet Laureate of Saskatchewan for two terms of two years each – from 2001 to 2004. My duties were limited to acting as a kind of arts ambassador at events throughout the province, wherever I was invited to participate in local events or visit schools, libraries, galleries or museums. The Writers Guild received limited funding for the poet laureate program, so instead of an annual stipend, I received stipends for each event I was invited to attend and speak at, as well as having my travel expenses and accommodations covered. As poet laureate I was privileged to represent not only the extraordinary writing community of Saskatchewan, but in a more general sense, the arts and culture as well. I travelled to every corner of the province, including the far north, during my four years and enjoyed meeting the people and sharing poetry with them. During my tenure I was privileged to dine with Prince Charles at Government House.
(Lees meer/read more : click on title link)
Onderhoud met Marlise Joubert (Splintervlerk)
Jy het reeds hier die betekenisse van die titel baie goed uitgelig! As toevoeging sou ek ook graag wil noem dat ‘vlerke’ altyd beelde oproep soos ‘n ‘vlug’ of ‘om te vlieg’, en om ‘vry’ te wees, maar vir my het dit om ʼn ander betekenis gegaan, nl. beweging. ‘n Gedig en/of skildery is immers ook “verbeeldingsvlug” wat hier kontrasteer met die onbeweeglikheid van die liggaam. Vir die voël is sy vlerke niks anders as ‘n ledemaat wat hom in staat stel om deur die lug te kan beweeg nie. Vir die mens het dit juis simboliese betekenis, omdat ons ‘vlieg’ ook in verband bring met vryheid. Of ‘vlug’ soos in ontvlugting.
(Klik op die titel om die volledige onderhoud te lees)
Onderhoud met M.M. Walters
Braille-briewe vir diegene wat nie wil sien nie MM Walters in gesprek met Louis Esterhuizen M.M. Walters is in 1930 op Moorreesburg gebore en matrikuleer aan die Hoër Jongenskool Wellington. Hy studeer aan die Universiteite van Kaapstad en Suid-Afrika en doseer Afrikaans en Nederlands aan die Graaff-Reinetse en Paarlse Onderwyskolleges en die Universiteit van…
Onderhoud met Anne-Ghrett Erasmus
Laat hierdie dae goeie gedagtes bly Anne-Ghrett Erasmus in gesprek met Louis Esterhuizen Anne-Ghrett Erasmus is gebore in Pretoria, maar het grootgeword in Ladysmith, Kwazulu-Natal, waar sy ook gematrikuleer het. Daarna behaal sy haar BA(Drama) aan die Universiteit Pretoria.Sy speel toneel vir o.a. SUKOVS en TRUK. En skryf en regisseer dramas vir die Bop…
Onderhoud met Jasper van Zyl
Die absurditeit van die alledaagse Jasper van Zyl in gesprek met Louis Esterhuizen Jasper van Zyl is in 1987 in die Paarl gebore en word as pastoriekind groot op Lambertsbaai, Kimberley en Upington, maar hoofsaaklik op Gansbaai. In 2004 verskyn sy eerste verse in Antjie Krog en Alfred Schaffer se Nuwe stemme 3 terwyl…
Onderhoud met T.T. Cloete
Die gedig as wakkermaker T.T. Cloete in gesprek met Joan Hambidge T.T. Cloete is op 31 Mei 1924 op Vredefort gebore. Hy matrikuleer in 1941 aan die Hoërskool Monument op Krugersdorp en studeer daarna aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van Suid-Afrika en die Potchefstroomse Universiteit. Van 1949 tot 1953 studeer hy aan…
