Gesprek met NP van Wyk Louw Ek gee tans aanlynklas o.a. oor Louw. Vir my studente laat weet ek: daar is drie Bybels in my huis, te wete die ou Afrikaanse een, die Tibettaanse Boek van lewe en Dood en natuurlik: Tristia. So het ek indertyds die beroemde “Vroegherfs” geparodieer: Vroegherfs …
Category: Digstring
Digstring is ‘n blog waar daar in besonderhede ingegaan word op die maak en betekenis van spesifieke gedigte deur met die betrokke digters ‘n gesprek daaroor te voer aan die hand van vooropgestelde vrae.
Charl-Pierre Naudé. N.P. van Wyk Louw en die teodisee-idee in die Afrikaanse poësie
N.P. van Wyk Louw en die teodisee-idee in die Afrikaanse poësie Ons bevind ons in die 50ste doodsjaar van N.P. Van Wyk Louw. Geen ander digter in Afrikaans is méér sinoniem nie met die idee van ’n wroeging oor God en sy relevansie vir die moderne mens as juis hierdie digter. ’n Onderafdeling…
Digstring: Die res is net seëlversameling (De Waal Venter)
Digstring: Die res is net seëlversameling (De Waal Venter) Die res is net seëlversameling (Uit “Oop sirkel” p. 78) Die filatelis waad ’n ent deur die kolkende molekules. Uiteindelik gaan sit hy onder ’n boom en vee die sweet van sy voorkop. Hy betrag ’n silikon-atoom met twee suurstof-atome wat aan die…
Digstring: Ons land (Hennie Nortjé)
Digstring: Ons land (Hennie Nortjé) __________________________________________________________________ Ons land Hulle sê ons land is ’n omgekeerde piering: die afgeplatte bokant alkant aan die afloop na die grou gedreun van see. Maar dit bly ’n bra verkapte beeld, want noordwaarts vloei ’n hoëveld, sonder veel afdraand, stewig met ’n donker kontinent aaneen. Boonop dateer ons…
Digstring: Yskas (Bibi Slippers)
Digstring Enkele vrae oor die rugstring van ’n gedig . 3. Yskas Let’s hear what you think of me now, but baby don’t look up / The sky is falling. – Tori Amos . haar oorlog teen die ys het op ’n sonskyndag begin toe sy bruin oë skielik blou was hulle…
Digstring: Doekvoet (Corné Coetzee)
Digstring Enkele vrae oor die rugstring van ’n gedig . Doekvoet As jy nog vir doekvoet wil groet, ou doekvoet met die glimlagstreep, moet jy aanstaltes maak. Gaan dadelik, al is dit laat, ver, tot diep in die dorsland, tot by die digte naat van ’n droë rivierloop, soek ’n uitkykklip, wag. …
Digstring: Die wetenskaplike en die fee (De Waal Venter)
Digstring Enkele vrae oor die rugstring van ’n gedig —————————————————– Die wetenskaplike en die fee . Voëls gaan tekere in die bome van die agtertuin waar die sosioloog met ’n vergrootglas ’n paar sandaaltjies bestudeer so groot soos druiwepitte. ’n Fee skiet deur ’n streep sonlig en land op die tafel naby die man se…
Digstring: “Vir Primo Levi” (Hilda Smits)
vir Primo Levi klein man. jy sing vanuit die diep long van ’n tweede graf, selfs nou vertel die uile van jou hande die storie van jou eerste dood. ek luister na die alewige drup van die groot honger teen jou slape. hier marsjeer almal op krukke, hoor die musiek soos ’n enkele skoot…