Die afgelope weke verskyn daar gereeld “Oggendmeditasies” van Joan Hambidge op Versindaba. Marlies Taljard het haar gevra om kommentaar te lewer op die reeks. Oggendmeditasie Die 12-uur kanon vandag om 12.15: ‘n binnewaartse reis, nie meer na verre plekke vol onrus of reisvertragings. Al daardie reise gestoor in verslae,…
Category: Digstring
Digstring is ‘n blog waar daar in besonderhede ingegaan word op die maak en betekenis van spesifieke gedigte deur met die betrokke digters ‘n gesprek daaroor te voer aan die hand van vooropgestelde vrae.
Alwyn Roux. Aardsgodin
Aardsgodin Jou rug is ’n pad wat lei na verre berge deur valleie heen. © Alwyn Roux, 2021
Kwatrynkompetisie (141)
Kom vier die hede. Skuif die pandemie na die verlede. Want die druif is gepars en bied vrolikheid en vrede. © Driekie Grobler, 2021
Kwatrynkompetisie (128)
isse Kôwit hier en ‘n Kôwit daar nou speel ek op my laaste snaar ‘n derde golf en die berg onner vuur maggie rooiwyn tog iets ligters baar © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (98)
Tydlyn 2019 vra n sjinees ‘wat skort?’ 2020 is toe sonder sport 2021 bring min wyn, dan baie 2022 ho’ nou! die lewe is kort © Elzbé Viljoen, 2021
Joan Hambidge. Digstring
Gesprek met NP van Wyk Louw Ek gee tans aanlynklas o.a. oor Louw. Vir my studente laat weet ek: daar is drie Bybels in my huis, te wete die ou Afrikaanse een, die Tibettaanse Boek van lewe en Dood en natuurlik: Tristia. So het ek indertyds die beroemde “Vroegherfs” geparodieer: Vroegherfs …
Digstring: Die res is net seëlversameling (De Waal Venter)
Digstring: Die res is net seëlversameling (De Waal Venter) Die res is net seëlversameling (Uit “Oop sirkel” p. 78) Die filatelis waad ’n ent deur die kolkende molekules. Uiteindelik gaan sit hy onder ’n boom en vee die sweet van sy voorkop. Hy betrag ’n silikon-atoom met twee suurstof-atome wat aan die…
Digstring: Ons land (Hennie Nortjé)
Digstring: Ons land (Hennie Nortjé) __________________________________________________________________ Ons land Hulle sê ons land is ’n omgekeerde piering: die afgeplatte bokant alkant aan die afloop na die grou gedreun van see. Maar dit bly ’n bra verkapte beeld, want noordwaarts vloei ’n hoëveld, sonder veel afdraand, stewig met ’n donker kontinent aaneen. Boonop dateer ons…
