Dat Gerrit Komrij as uitgesproke en ietwat kontroversiële literêre figuur nie in al die kamers van die Huis der Letteren as geliefde gas verwelkom is nie, is sekerlik ‘n gegewe. Maar dat iemand sonder enige provokasie besluit om die vele verwysings na Komrij se statuur as ‘groot digter’ op die dag waartydens sy dood aangekondig…
Category: Blogs
Louis Esterhuizen. Uiteindelik is ek weer tuis …
Die afgelope weke het ek my in die buiteland bevind om my oudste seun se troue in Los Angeles by te kan woon. Vandaar my stilsywe op die webblad. En sjoe, ek het altyd gedink dat die kwessie van vlugflouheid maar ‘n blote gerug is; iets soos die stories van die tandemuis. Was ek verkeerd!…
Louis Esterhuizen. Gerrit Komrij oorlede …
Pas is ek terug na wekelange afwesigheid in die buiteland, of dit is my hartseertaak om bekend te maak dat Gerrit Komrij gister, 5 Junie, oorlede is. Hy was 68-jaar oud. Volgens die kort berig op De Telegraaf se webtuiste is dit nog nie bekend waaraan hy oorlede is nie … Blykbaar sal die familie…
Marlies Taljard: ‘n Bespreking van “Erlkönig” (J.W. von Goethe) aan die hand van geselekteerde narratologiese beginsels
DIE VLAK VAN DIE TEKSTEKSTUUR In die vorige twee blogs het ek die gedig “Erlkönig” bespreek, en veral gekonsentreer op die vlak van die storie (geskiedenis) en die vlak van die verhaal (die artistieke teks). Vandag se blog handel oor die vlak van die tekstekstuur, met die klem op die vertelinstansie en taalhantering. Vertelinstansie Die…
Andries Bezuidenhout. Die reuk van digkuns
Aardige projek waaroor Faye Lipson gister op die Guardian se boekeblog skryf: parfumeurs (is dit die regte woord vir mense wat parfuum skep?) en digters wat saamspan om reuke en woorde in gesprek te laat tree. Digters kry ʼn snuifie parfuum en moet dan ʼn gedig daaroor komponeer. Die pogings is hierdie week by ʼn…
Andries Bezuidenhout. Skrop
Sommer ʼn lawwe gedig vir die koue weer: 1. middeljare bleskopstraat blink vanaand reënvlaag brill cream olieslierte bo-oor vas, was dan dreinlangs (waarheen weet net die here en greenpeace) 2. singles bar straatligte kom teer inspekteer soek na rot, luis, ander gis- en kriewelgoed wat boontoe borrel as die eerste reën water – tentatief –…
Marlies Taljard: ‘n Bespreking van Goethe se Erlkönig aan die hand van geselekteerde narratologiese beginsels 2
In my vorige blog het ek Goethe se gedig Erlkönig ontleed op die vlak van die storie – die logiese, chronologiese en kousale elemente soos dit deur die leser gerekonstrueer word. Vandag fokus ek op die vlak van die verhaal – die artistieke verwerking van dié elemente soos dit deur die ordenende instansie (outeur) verwerk…
Pieter Odendaal. Watermeyer se republiek en die vreugde van teksvervorming
Nou die dag dwaal ek weer tussen die J.S. Gericke Biblioteek se rakke vol Afrikaanse digbundels rond. Ek kom op G.A. Watermeyer se Die republiek van duisend jaar (1957) af. Die eerste bladsy lees: Met erkenning aan Volkskas vir hulp verleen met die publikasie van hierdie digbundel. O jitte, hier kom iets, dink ek. My…
