Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba

Category: Wicus Luwes

Wicus Luwes het grootgeword in die Vrystaat en Noord-Kaap waar sy pa ʼn Wiskunde-onderwyser en sy ma ʼn laerskool-onderwyseres.. Hy matrikuleer in 1996 aan die Hoërskool Vaalrivier in Barkly-Wes (naby Kimberley) wat vir hom ʼn voorreg was om in ʼn klein dorp die vryheid en veiligheid te ervaar wat daarmee gepaardgaan. Hy kwalifiseer as ʼn ingenieurs-tegnikus in Rekenaarstelsels by die Sentrale Universiteit van Tegnologie. Hy werk tans as ʼn tegnikus by Richardsbaai se hawe. Wicus is getroud met Tanya en het twee kleuter-seuns, Leon en Emil wat sy lewe vol maak. Lees Wicus se blog.

Wicus Luwes. Bedevaartslied vir ‘n Enkeling

20 March 201525 May 2015 By Versindaba

‘n Bedevaartstog of pelgrimstog is ‘n snaakse gedoente om te beplan of om voor in te pak. Die bagasie is eintlik al klaar gepak. Dit moet miskien net afgestof word. ‘n BEDEVAARTSLIED om kwart voor drie en hoe geyk die geheue wat soveel sagter as ‘n gister jul gordyn eenkant toe druk. Op dié reis…

Read More

Wicus Luwes. Selfies Vs. Shelfies

2 March 201529 June 2015 By Versindaba

‘n Paar bekende foto’s as selfies Wat is die Afrikaanse woord vir ‘selfie’? Een armlengte is miskien te naby om ordentlik te fokus, maar kom ons praat eerder oor foto’s. Die beskikbaarheid van ongelooflike kameras in ons fone, tablette en alle apparate wat met nulle en ene werk, het dit moontlik gemaak om (doen-dit-)selfportrette op…

Read More

Wicus Luwes. Om die Rubicon oor te steek in ‘n rooi oorpak

11 February 201529 June 2015 By Versindaba

Ek wonder of Pres Zuma senuweeagtig is oor môre se Staatsrede-toespraak in die parlement. Ek wonder of hy in rooi droom en of hy die rooi tapyt as verwelkoming of voorbode sou sien. Ek wonder of die aanvalle deur die party met die rooi oorpakke onder leiding van ‘n eertydse troonopvolger die Staatshoof in ‘n…

Read More

Wicus Luwes. Dans en ander ritmes

18 January 201529 June 2015 By Versindaba

“A bit like indoor windsurfing,” was my pêl se reaksie toe ek hom vra hoe hy die dans ervaar het. Die Engelse outjies in my omgewing het nie eintlik vas gedans nie, so dit was ‘n nuwe ervaring vir my pêl. Tydens ons studies het ons gereeld sulke ‘indoor windsurfing’-aande of dansaande by verskillende koshuise…

Read More

Wicus Luwes. Die Lyne waarlangs ons Lewe

1 January 201529 June 2015 By Versindaba

Ek verstaan dat ons die diereriem of zodiak by die Babiloniërs kry. Ek neem aan dat indien ons dit by Switserland gekry het, ons dalk die kaasriem of die ’12 kase van die kosmos’ sou gehad het. Elke land sou die model kon aanpas om hul geliefkoosde kase uit te beeld of om dit wat…

Read More

Wicus Luwes. ‘n Storie van Jan

16 December 201423 December 2014 By Versindaba

  Jou naam is Jan Publiek. Jy verteenwoordig beide die minderheid en die meerderheid van die plek waar jy woon, werk of wonder.  Jy is beide reg en verkeerd. Jy is net ‘n klein bietjie anders as Jan Alleman. Jy dink die meeste mense redeneer dieselfde as jy; ervaar dieselfde as jy. Jan Rap en…

Read More

Wicus Luwes. Ode aan ‘n Souttekort

29 November 20141 December 2014 By Versindaba

  Hierdie tyd van die jaar begin die souttekorte erg deurslaan. Dis veral die binnelanders, wat deur skoolvakansies vasgepen word, wat dit die ergste voel. Hulle kan al die Groot Dam ruik. Hulle kan al die meeue en raserige branders hoor. Hulle kan al die growwe sand onder hul tone voel (al hou hulle nie…

Read More

Wicus Luwes. ‘n Trollie-teorie

15 November 201419 November 2014 By Versindaba

Ek onthou nog goed toe die ontslape Vuyo Mbuli van Morning Live begin het met sy ‘business of‘-stellings op die gewilde SABC-ontbytprogram. Eers was dit ‘the business of sport‘ toe dit tyd was vir die sport-berigte en verder ‘the business of business’ toe dit tyd was om die markverslag te bespreek. Elke insetsel het later…

Read More
  • Vorige
  • 1
  • …
  • 5
  • 6
  • 7
  • 8
  • 9
  • 10
  • 11
  • 12
  • Volgende

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. glasman
  • Anne-Marie Bartie. fake news
  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember

Nuutste bydraes

  • Johann Lodewyk Marais. N.P. van Wyk Louw se “Beeld van ’n jeug: Duif en perd” as vermaning
  • bevan boggenpoel. oupa doela
  • Wat lees jy? “Douwenis” (Daniel Lötter)
  • Marius W Garbers. Glo deur die solderdeur
  • Johann Lodewyk Marais. Lina Spies se ongemaklike band met Harrismith en die Noordoos-Vrystaat

Nuutste kommentaar

  1. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  2. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  3. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

  4. Bernard Odendaal on Johan Myburg. Vertaling uit Afrikaans in Duits. (Vert. Robert Schall)24 October 2026

    Robert Schall weet hoe om vertalend reg te laat geskied aan ‘n treffende Afrikaanse óf Duitse gedig.

  5. Jacobus Swart on Marius Crous. Vier gedigte24 October 2026

    Daar sal in 'n samelewing altyd diegene wees wat die Parthenon op die Akropolis in 'n favela wil verander. Dr.…

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon