Ek onthou tot vandag toe my eerste en enigste keer binne ‘n otter-tonnel. Ek was seker so Standerd 1-outjie en het somtyds by ‘n klasmaat op hul plaas gaan kuier vir die naweek. Ons het die plaas platgery saam met sy pa. Op een van die plekke waar ons stilgehou het, was ‘n groot plaasdam…
Category: Wicus Luwes
Wicus Luwes het grootgeword in die Vrystaat en Noord-Kaap waar sy pa ʼn Wiskunde-onderwyser en sy ma ʼn laerskool-onderwyseres.. Hy matrikuleer in 1996 aan die Hoërskool Vaalrivier in Barkly-Wes (naby Kimberley) wat vir hom ʼn voorreg was om in ʼn klein dorp die vryheid en veiligheid te ervaar wat daarmee gepaardgaan. Hy kwalifiseer as ʼn ingenieurs-tegnikus in Rekenaarstelsels by die Sentrale Universiteit van Tegnologie. Hy werk tans as ʼn tegnikus by Richardsbaai se hawe. Wicus is getroud met Tanya en het twee kleuter-seuns, Leon en Emil wat sy lewe vol maak. Lees Wicus se blog.
Wicus Luwes. Stoomaangedrewe woorde
Let the poets cry themselves to sleep, and all their tearful words will turn back into steam. – Conor Oberst Steampunk Sally deur Chaz Kemp (Bron: http://www.steampunktribune.com/2011/04/mr-chaz-kemp-superlative-steampunk-art.html) Die internet is stoomaangedrewe. Danksy die amper-maar-nog-so-ver Medupi-kragstasie sal dit nog so wees vir ‘n wyle. Alles werk met krag – alles van rekenaars, tot die krag…
Wicus Luwes. Die Leuen: Gebaseer op ‘n onwaar verhaal
Hierbo: A Fisherman’s Story deur Bernard Cheese Die pad na die waarheid en die pad na die leuen loop langs mekaar. Dit kruis soms by plekke waar die brûe te min is en die water te diep is. Daar is baie paaie wat daarby aansluit en by T-aansluitings lyk dit of dit dieselfde pad is wat…
Wicus Luwes. Kleure in ‘n fonetiese verfblik
Dis moeilik om die woord ‘inspirasie’ te verduidelik in ‘n kort sin. Verklarings oor die woord lewer Latyns-verwante terme soos inspirare, inspiro, incito op. Dit word weer verklaar met terme soos ‘om asem te haal’, ‘om in te neem’, of die ‘stimulerende effek op die intellek, emosie of kreatiwiteit’. Ek wonder of ‘n mens inspirasie…
Wicus Luwes. Die man met twee horlosies
Foto: Salvador Dali – La persistencia de la memoria (1931) of Die volharding van herinnering Tektoniek (deur Izak du Plessis – Nuwe Stemme 5) Eendag/aanstons, wie sal weet, sal ek ook net ’n oomblik wees; ’n herinnering met ’n gepreserveerde glimlag, vasgeraam & opgehang in ons huis se gang. Agter my sal…
Wicus Luwes. Jou rewolusie of myne?
‘Jou rewolusie of myne?’, is die vraag wat by baie mense opkom wanneer daar gepraat word oor die ‘struggle’, Bloedrivier of die nuutste hof-aansoek deur vakbond-leiers of ander belange-groepe. Die soeke binne plaaslike en oorsese howe na geregtigheid is nie ‘n nuwe verskynsel nie. “Since mine own doors refuse to entertain me, I’ll knock elsewhere,…
Wicus Luwes. Vel van Woorde
“Poetry is ordinary language raised to the Nth power. Poetry is boned with ideas, nerved and blooded with emotions, all held together by the delicate, tough skin of words.” – Paul Engle Miskien sou Oom Oubaas van 7de Laan dit so kon verwoord: “Die vel is iets van epidermiese proporsies. Dit beskerm ons liggame teen die son…
Wicus Luwes. Dis net ‘n sprong na links
Die klavier is gemaak vir twee hande. Die linkerhand speel akkoorde en die regterhand speel die wysie. As jy mense in sang begelei, speel die linkerhand die ritme en akkoorde en die regterhand speel die wysie. Die linkerhand kry dus die repeterende of vervelige take om te verrig. Die linkerhand word normaalweg met kreatiwiteit ge-assosieer,…
