Repka 21 Junie 2026 Hierdie Sondag is nie ’n rusdag nie: die raapknol in jou kop groei reusagtig in die donker grond van jou skedel. Elke millimeter van jou brein reik tot teen die skedelwande. Die druk weier om te wyk. Vier wit jasse in ’n ry. “Trek uit! Trek uit!” …
Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou (vert.)
Rainer Maria Rilke. Almal wat Jou soek, beproef Jou. Vertaal deur Hercules Boshoff Almal wat Jou soek, beproef Jou. En die wat só vind, bind Jou aan beeld en gebaar. Ek wil Jou begryp soos die aarde gryp na Jou; met my rypwording word Jou ryk ryper Moenie deur óns ydelheid…
Daniel Hugo. Plaagbeheer
Plaagbeheer op sewentig skrik ek nie meer vir ’n rot nie – ná ons middernag- ontmoeting in die stil kombuis versper ek elke toegangspoort tot die huis en besef dié pes gaan êrens in ’n riool krepeer terwyl ek rustig mediteer oor weerloosheid, die dood en dies meer Riebeek-Wes © Daniel…
Koos de Wet. soepel denke
soepel denke Vir: N.P. verkwikkend ontdek jou intellek groot ode raka die dieper reg die kat in Alice se reёnboogland ’n partial object sit vir my sy glimlag op jou meesterlike werke buite my rede dans in duister glans soos swartluiperdgoudgeeloё tussen die blou kewers in my benarde woud – in ballingskap apart…
AVBOB Persverklaring
Ari Sitas POINTS OF VIEW During secondary school, most of us are exposed to romantic nature poets under the spell of picturesque surroundings. We will probably also be required to read a few explicitly political poems that protest and speak truth to power. There are ways to do both these things at…
Joan Hambidge. Lina Spies en die plattegrond
I Met ‘n omweg, so het T.T. Cloete ons geleer, kan bysake die aandag trek op hoofsake. In Rudie van Rensburg se speurverhaal Enigma is dit presies wat gebeur. In hierdie krimi begin die skrywer om alles te situeer in Antwerpen, die tweede grootste stad in België. ‘n Stad waarin die Middeleeue teenoor die…
Margaret Cordier-Biermann. Wekroep van die verlostes
Wekroep van die verlostes vol-hard dier uit die lug gepluk in ʼn kampie gehok grond in vlakke getrap natuurlike opslag gestroop voor nuwes uit kon loop yl vlerke vermink sonder water of rantsoen breek jy deur grensdrade dwing draadpale uit die grond ©️ Margaret Cordier-Biermann, 2026
Hennie Maartens. bitterbos in die lente
bitterbos in die lente uit knoppies breek die lente sag en teer waar vrugtebome wit bloeisels opgaar die bye neurie van blom tot blaar en belowe vrug ná winter keer op keer ek dwaal verlore deur dié wêreld weer waar elke pad sy skadu om my skaar tog wek die spruite…
