I Hierdie volgende uitmuntende gedig staan opgeteken in Verwikkelde lyn (1983): Teesuiker ‘n Gedig kom nie altyd soos die wind op nie. Soms moet dit gehaal, gesoek word, oopgedink word uit ‘n enkele suinige gegewe, soos die uitpluis, fyn en geduldig, van ‘n digte sykokon of sommer ‘n bolletjie wol. Óf daar is…
Johann Lodewyk Marais. Seisoen
Seisoen Vir Martie Johanna Marais (1887–1958) Op Sans Souci waar môrelig veld wen, kom ’n vrou stram tussen beddings geloop met hande wat die roosdoring goed ken, maar liefdevol bly in haar eie hoop. Die dahlias het vlammend oopgebloei met kleure uit die goedaardige grond; sy’t die dubbelblomme met sorg laat groei,…
Koos de Wet. Onse Raka
Onse Raka Vir: NP – net ’n paar vrae asseblief Ons het soos Koki gesterwe. Miskien sal niemand mooi dinge van ons weet. In Raka heil u ’n besondere dier in heimatbegrip word sy instinkte in vier- heffingsverse vyfafdelings op aandag geroep. Oer en Kraal word wedersydsintens opgestel; Koki ’n stil dans…
Digtersprofiel: Hennie Nortjé
Hennie Nortjé is gebore in George in 1956. Hy studeer as internis en diabetoloog. Hy volg ’n kursus in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Kaapstad onder leiding van prof. Joan Hambidge. In 2012 debuteer hy met In die skadu van soveel bome (Queillerie), en wen daarmee die Ingrid Jonker Prys vir Poësie asook die Eugène…
Margaret Cordier-Biermann. Vonnis
Vonnis die lewe het haar eie howe met aanklaers en regters wat vergader op onverwagse tye in onvoorsiene lokale staan ongeharnaste verslaggewers spoeg en plak inligting skeur die aangeklaagde soos ‘n ou koerant uitmekaar nou sit die ink aan hulle hande ©️ Margaret Cordier-Biermann, 2026
Joan Hambidge. Eerste sneeu
Eerste sneeu Nogmaals VWL Die onrus het oornag soos nuwe sneeu die laagste hellings van my gesprekke tot kilheid ómgedraai waar elke skreeu, ‘n sweep is in die blink lig van die berge. Voëls tol soos blare in die harde wind, ‘n glinstering waar die waters afstroom, wyl ek uitkyk na die vermorsing,…
johan swanepoel. tafel vir een
tafel vir een ‘n tafel vir een bevestig ek en gaan sit in die hoek oudergewoonte met my rug teen die muur ek is nie lank alleen nie eers kom sit die seun met sy groen oë sy hande skaam onder die tafel gevou dan die donkerkop pa netjies in…
Resensie: Steierwerk deur Johan Myburgh
Resensie: Steierwerk deur Johan Myburgh. Human & Rousseau, 2026. Resensent: Marius Crous I ’n Ruk terug het ek, vir selftug en selfgeseling, besluit dat ek sonnette wil probeer skryf; myself gaan dwing om ritmies en rymend te dig. Maar, helaas, uit puur frustrasie het ek na die eerste Italiaanse sonnetpoging opgegee. Johan Myburg,…
