Delikaat Vir Liebe jy het nie gegaan nie nie hiervandaan nie en ook nie gekom nie saadjie wat nie kon blom nie blom wat nooit sal bloei maar jou naam groei altyd met my saam © Jasmyn Beetge, 2026
Hennie Maartens. oorskot
oorskot die jaar het stil sy laaste blaar laat val ‘n oorskot tyd wat traag by ons verbygaan die skemer sak versigtig oor die dal en neem die laaste lig met haar heengaan wat oorbly is ‘n eggo sag en smal ‘n stoflike gedagte wat stil vergaan tog uit die oorskot van die…
Krige Visser. die wedstryd op Marchand
die wedstryd op Marchand deur die oë van ‘n grysaard nou is die dowwe donkies tog klein grys esels gejaag oor die speelveld voor die afskop om die vroeryp se witlaag oor stoppelgrond onsigbaar draaglik vir ons spel te berei daai dag het die antie haar dogter gestuur lang vlegsels van koper…
Krige Visser. parodie en ironie
parodie en ironie parodie en ironie as saam gelese met aap uit die mou gelaat en die hond in dialekte belese saam die tale van mens en dier praat nie ironie of parodie sou my ooit vergewe dat ek ‘n stemmevanger by uitstek net op my eie sou wou lewe met alleenmandaat…
Helena Oosthuizen. 3 gedigte
Jy’t die holte van jou vuis oopgehou En ’n oomblik lank my hele lewe toegevou * Helder klokgeluid Glas wat stamp Bars, breek, brokkel En in duisend stukkies skiet Die hele vloer vul * Ek gryp die droom dit glip, gly weg. Ek’s wakker, skielik, en die werklik- heid waak…
Margaret Cordier-Biermann. Vrye teuels
Vrye teuels noudat tyd sy eie koers kom vat sonder stuur of stang op ʼn stywe draf en hy weghol deur rivier oor brug teen koppies die vallei in af ry ek verse vinnig en bloots al waarsku Myburg ook — jy is nie Charles Bukowski wil ek voel hoe…
Andrea Sieberhagen. Tolbos
Foto 19 – Rolbos / Tolbos https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Tolbos Stofpadstilte maak gedagtes los wat soos ʼn tolbos pad af waai en in die wind ʼn onthou vind om elke draai. Dit waai tot teen ʼn heining om dan daar tussen blou lug en doringdraad te bly hang. Herinneringe steek vas by…
Koos de Wet. die karoo-kat
die karoo-kat ’n duisend keer in gegriffeldes onopgemerk dog oopgeskraap tussen ankerbossies terrae inhaerere rus nóg evolusie in die karoo ongekaart by die moddersteenkoppie net noord van Graaff-Reinet plantvreterskedels keratien getand en wakend by die varings langs die watergate destyds bang gewees vir sabeltande tussen r i e t modder met kloue omgeruil…
