Sagter Pasop vir skril moduleer sê ‘n digter, los die sentiment, probeer ligter formuleer, laat die woorde vloei en saggies drup, laat dit die papier skroei soos warm bloed uit ‘n koue gewrig – laat dit afkoel en let op na wat oorbly: dáár is jou gedig. © Jacques Boshoff, 2026
Charité Mouton. Klere en al onder die waterval
KLERE EN AL ONDER DIE WATERVAL omring deur skurwe rotse en godswonderlike gebergtes twee pare voete in ‘n bergpoel in die weerkaatsing is hulle steeds drie totdat die waterval oor die spieëlbeeld van gesin en sin rimpel: die nuus op haar skouer ‘n kliprugsak wat sy vir ‘n veel kleiner paar…
ND Cronjé. waterorrel
waterorrel almal het geweet dat die show begin met popcorn en popcorn alleen, moenie laat wees nie die nostalgie van toffieappels, fudge, chappies wilson’s toffies, coke en chipstix word nie hier bedig nie, nie fizzers, sugus of chomp nie hier word sonder aankondiging wrang verlange terug gebring, die water wat…
ND Cronjé. uit stof gestamel
uit stof gestamel die aarde wring sy innerlike krag uit homself uit en klou aan elke spesie besitlik vas sy sfeer word vir ons gegee teen ‘n duiselingwekkende optiese vloeitog van beeld, maar tog staan die son op die middaguur stil. as alles op die groter skaal gemeet word bestaan ons…
Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)
Resensie: Tussen asem deur Hannes Visser. Naledi, 2026. Resensent: Marlies Taljard Hannes Visser se tweede bundel, tussen asem, het pas by Naledi verskyn. Dit is ’n dun bundel (45 gedigte), smaakvol uitgegee met ’n omslagontwerp deur die kunstenaar Lourens Oosthuizen. Ek onthou Lourens Oosthuizen as ’n vrolike, aantreklike matrikulant in die vroeë…
Jannie Pretorius. Ballade in sy
Ballade in sy Noudat jy, gesig weggekeer, nes ʼn marmer-swaan, nonchalant lê tussen lakens van sy – lig, weerloos, terwyl skoonheid, tyd stilstaan en jy oplaas berusting kry; Nembutal jou losskeur en hulle name jou finaal ontgaan: is jy in ʼn helder sfeer ver hiervandaan uiteindelik vry? © Jannie…
Jannie Pretorius. Lied van die kinderbruide
Lied van die kinderbruide By Lina Spies en Czesław Miłosz I know the truth – give up all other truths! Marina Tsvetayeva Ons sal nie vlug nie – hoe sal ons tog kán? Verkoop soos groen granate op die plein – op dertien al die prooi van ou, suur mans: geluk en…
AVBOB Persverklaring
Xabiso Vili RECRAFTING THE WORLD How do we craft a place of our own inside the stories handed down to us? Xabiso Vili is a poet, international slam champion, and Mandela Washington fellow who has performed his work on stages across four continents. He uses extended reality to help his audience reimagine…
