Nie in die land van Nie vervel die slang hy los sy ou vel leeg & rimpelrig agter nie meer nodig vir glad & gaaf verder lewe in die land van Nie laat los die geitjie haar stertjie as ’n roofdier haar wil vang dit wriemel ontheg & groei nie weer aan…
Onderhoud: Johan Braeckman gesels met Yves T’Sjoen oor sy Breytenbach-drieluik
Een interview van filosoof Johan Braeckman met Yves T’Sjoen over het drieluik met Kwintet. Literaire dialogen tussen Afrikaans en Nederlands (2023), Breyvier. Over taal, burgerschap en Breytenbach (2023) en De ontdekking van het eiland. breytenbachiana (2025). Gisteren online geplaatst door het Humanistisch Verbond in de gesprekkenreeks De Gedachtestreep. https://www.humanistischverbond.be/blog/2127/de-gedachtestreep-aflevering-69-yves-tsjoen-over-breyten-breytenbach/
Stephan du Toit. verhuis
verhuis van veraf betrag sy wasig lê die landskap die berge van die karoo van die kaap van george is dit nie ‘n stokvroutjie is sy na twaalf jaar lê haar spoor op dié kontinent deursigtig © Stephan du Toit, 2026
Wynand J Booysen. Stilkind
stilkind die mens se stilkind is baie mooi fyn sonder bloed in die lyne ritmies gevou ‘n origamie voëltjie sy dans haar waterdans vingers aai dadeloos hunker na ‘n kwas weifel dan onvas en glip asof oor glas haar glimlag ‘n galeiproef prentjie-porselein haar stom betoog verbeusel en verbuig ‘n dowe allooi…
Dietloff van der Berg. Petrichor
Petrichor (petra klip, ichor bloed) Jy ruik in stilte buskruit donderslae uit die hemele neergeblits, knopkieriekorrels hael, voor vet druppels na die droë tyd ongehoord van gewasse drup met plantolie verbind in die lug uit kleigrond en klip met aard-geur vrygestel word en water verligting bring waar stomme blare suisend sing oor vloeistof in…
Dietloff van der Berg. Fluit-fluit
Fluit-fluit Ontbinde lyke stapel op want die pes het toegeslaan met rotte oral ook in die strate wat uit hul gate dit versprei met vir mens geen antwoord meer oor hoe om dit te keer nie. Toe op Heilige Johannes en Paulus se herdenkingsdag kom charismaties die fluitspeler daar aan en belowe teen…
Dietloff van der Berg. Afskeid
Afskeid Hy sal jou nooit weer soen nie na die trein relatief kleiner word, uit sig verdwyn op pad na die oorlogsgrens toe; die smaak sal jy nog lank daarna op jou lippe dra en hom verbeeld al word die skyn net pyn. © Dietloff van der Berg, 2026
