Ici tout est gâché Waar begin of eindig ‘n gedig op hierdie herfsoggend kil ná ‘n Sondag met reën in ‘n huis vol lakens en klere nat. Wie hoor of sien of luister af soos Poirot in Death on the Nile? Elke karakter had tog ‘n motief vir die vrouemoord koelbloedig. …
Digtersprofiel: Koos Kombuis
Koos Kombuis (André le Roux du Toit) is op 5 November 1954 in Kaapstad gebore. Sy familie trek gedurende sy kinder- en skooljare baie rond, maar vestig uiteindelik in Stellenbosch. Taal was nog altyd vir Kombuis iets wat hom na aan die hart gelê het. Hy leer lees op ’n baie vroeë ouderdom en tik reeds…
Stefanus S Vivier. Die Engel in die Rots
Die Engel in die Rots Ons verloor baie in ‘n leeftyd soveel drome verwaai in die wind so baie deure wat agter ons toegaan soveel vriende wat verdwyn in die nag soveel herinneringe wat wegstap sodat al wat oorbly die stille self is vasgevang in die woorde van ‘n gedig wat wegkruip in…
Gerard Scholtz. Vir myself, op my verjaarsdag
Vir myself, op my verjaarsdag Ek skryf sinne, maar in die nag wanneer boogskutters rus Wanneer die Negester helder oor ons skitter en die maan in die ooste sekel Wanneer die nag swyg oor rots, fynbos en berg Wanneer fosfor ‘n oerson laat oopvlam uit die see En alles, alles aan ons…
Kan iemand help?
Kan iemand help? Wie het hierdie kunswerk geskep?
Wat lees jy? “Skimme en spoorsoekers” (Martin Steyn)
“Skimme en spoorsoekers” deur Martin Steyn. LAPA, 2026. Martin Steyn is ʼn bekende skrywer van misdaadfiksie en sielkundige rillers wat dikwels fokus op die donker kant van die menslike natuur. Bekende werke sluit in sy debuut Donker spoor waarvoor hy die ATKV-Woordveertjie-toekenning vir Spanningsfiksie in 2015 ontvang het, asook ander romans…
Stefanus S Vivier. Weder-opstaan (-ding)
Weder-opstaan (-ding) daar kom ‘n dag (so glo die mense) dat al wat lewe en al wat dood finaal wakker geskrik sal word deur die blaasgeraas van ‘n trompet die aarde wat beef en skeur die oopgaan van die graf vir die finale skei van skaap en bok maar ek verkies (vergewe my)…
Bester Meyer. Taal van die stilte
Taal van die stilte “Meaning is the face of the Other, and all recourse to words takes place already within the primordial face to face of language” – Emmanuel Levinas die mond ʼn onbeduidende afstand weg van my altyd reg om woorde van lank- vergete lettergrepe, sinsnedes, weg te gee hulle te vertroetel,…
