Flenters vir lint kom soek my in my Donkertyd in die kamer sonder ruit wys jy was hier by die krake in die muur meer as net maanskyn en rose bly hier vir die woordelose desolasie-dae, graffiti bont jou naam op die murasie wat jy telkens in jou arms neem teer aansien vir…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Margaret Cordier-Biermann. Gebrekkige Akademikus
Gebrekkige Akademikus julle staan in volle artistieke uitrustings geklee en gesool professionele draadlopers met fyn balanseerstok om aan die hoogste spits op die dun gespande draad oor die afgrond te tree maar ek gebrekkig klim kaalvoet klou-klou teen kranse uit nog siek in die wind wat woes waai in wye wintersrok…
Hennie Maartens. Psalm 8 – Middelaarskap
Psalm 8 – Middelaarskap Christus, Heer, u Naam weerklink oor heel die aarde wyd; U wys die Vader se groot mag in hemelruim en tyd. Die sterre getuig van u skeppingskrag, die hemel van u eer; selfs kinders loof met eenvoudige geloof hul Heer. Hoewel die mens maar stof en as en sterrestof…
Jaco Fouché. Foto van hawe
Foto van hawe (‘n Lae Lande-dagdroom) Jy van wie die beelde dof rus op die passaat tussen nou en ons soet geskiedenis, neem my deur die jare terug deur dae so vol jonk en rou waarin ons die rand verken. Gedagtes strek, eens gekaap, na die Nieuwe Maas, so verwen. Die ruim bied…
Ilse van Staden. en as ek doodgaan
en as ek doodgaan en as ek doodgaan, sal alles nog dieselfde bly? die bloekoms onopsigtelik oorleun na die pad soos perde langs ʼn heining wat op aanraking en handoplegging wag en sal die reën soos pêrels aan die naalde hang van kasuarisbome as die oggendson die bos se asem in sy vingers…
Ilse van Staden. speelpark, wintermiddag
speelpark, wintermiddag die middag het leeg geloop en anderkant die meer steek ʼn uitgewaste reënboog sy tone in die see en ʼn ouman gaan gedweë op die park se grasperk staan en por die kind met die vlegsels wat huiwer by die raam: sy klim teen die klimraam op en hang…
Marthé McLoud. Klip
Foto 11 Klipmuur https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Klip ’n Beitel moet kan klip breek as hy ’n beitel is — NP van Wyk Louw, Die beiteltjie Die plat skywe skalie van die Roggeveld staan stewig op hulle nate in klipmure en korbeelhuisies. Heel anders as my vriendin en haar gesin wat teen ’n hang…
Jacques Boshoff. Astraal
Foto 14: Naghemel by SALT https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Astraal Laataand ‘n klop aan my deur: ’n ruimteman, in wit geklee met ‘n helm wat helder reflekteer. Ek nooi die vreemde besoeker in – hy vertel van sy reise, veraf bestemmings, planete, komete en sterre. Alles is tydelik, sê die ruimteman, en…
