Paringswens Die mantis se selfvernietigende paringswens, die militêre operasie van die mier, laat my vra: Is mens hier soos die dier, of die dier hier soos die mens? ©Marieta McGrath, 2022
Category: Kompetisies
Gerrit Theron. Lasposte
Lasposte ‘n swart wolkie dwarrel om my kop dit help nie om te waai of klap rond te trippel of te skop muggies pla my waar ek stap © Gerrit Theron, 2022
Nini Bennett. Odonata
Odonata Sikorski het dit eerste raakgesien: die biomimese van die vlugpatroon van naaldekokers, en het sedertdien sy helikopter na hul vleuels gekloon. © Nini Bennett, 2022
Nini Bennett. Lolita
Lolita Vir Vladimir Nabokov St. Petersburg se vlindervanger het die vlerkvou van die fynste vlinders in sy insektarium beskryf, en met haar lewenslig, sy lendevuur bemin. © Nini Bennett, 2022
Nini Bennett. Neopalpa donaldtrumpi
Neopalpa donaldtrumpi In Meksiko is daar ’n emigrant. ’n Mot wat snags op Twitter dit onthul dat hy McDonald’s eet en onverwant stry dat covfefes hulle kul. © Nini Bennett, 2022 * In 2017 is ‘n nuwe motspesie, Neopalpa donaldtrumpi, na Donald Trump vernoem. https://en.wikipedia.org/wiki/Neopalpa_donaldtrumpi?fbclid=IwAR3VaW_iZnUkBjkmICLrsj_qNca-xfWunXLJ5SjxwrDvTYmQ9ydAzbE8RCc
Gerrit Theron. Noodlanding
Noodlanding na reën kortstondig in die lug maar dis pure verniet verloor sy vlerke in die vlug die lot van die termiet © Gerrit Theron 2022
Gerrit Theron. Kitsweduwee
Kitsweduwee bidsprinkaan met driehoekkop soek haar bruidegom uit na paringspel is hy haar buit eet sy hom genoeglik op © Gerrit Theron 2022
Marieta McGrath. Afgesaag
Foto: Dustin Humes Afgesaag Die grappies van die mantis sonder kop – wat kóp verloor het, en dít oor seks – moet stop. Die storie raak nou afgesaag. En tog, iets bekends daaraan bly knaag … © Marieta McGrath, 2022
