Rhopalocera II “We are like butterflies who flutter for a day and think it is forever.” – Carl Sagan En ons, die vlinders, fladder vir ’n dag om elke plant met stuifmeel te bevrug. Ons drink die nektar wat in blomme wag en dan verdwyn ons skadu’s in die lug. …
Category: Kompetisies
Mellet Moll. Rhopalocera I
Rhopalocera I “A butterfly flapping its wings in Brazil can produce a tornado in Texas.” – Edward Lorenz Daar êrens in die woude van Brazil verklap ’n reënboogskoenlapper haar vlerk. ’n Weerman loer versigtig oor sy bril: in Texas is daar onweer opgemerk. © Mellet Moll, 2022
Mellet Moll. Noctuidae
Noctuidae “Moths settle down on the pane: small pale telegrams from the world.” – Tomas Tranströmer Daar het ’n vaalgrys telegram gekom tussen die skemermotte teen sy ruit: Die kersiebome sal weer eendag blom en die enigma sal homself ontsluit. © Mellet Moll, 2022
Hildegard Klein. Kameeldoring en mier
Foto: Hildegard Klein Kameeldoring en mier Welkom, miersoldate, in die ruim basis van my dorings, pas-gemaak vir julle gerief! As julle tog net die ruspes wat so ‘n las is, soms die skrik op die lyf sal jaag, asseblief! © Hildegard Klein, 2022
Mellet Moll. Carl Sagan
Carl Sagan (1934 – 1996) i. Snags het die firmament ons bewaar en ons soos vuurwaens laat voortstu deur heelalle vol verblindende sterre wat bewoon is deur almagtige gode: Isis, Osiris en Horus wat die aardse lot van sterflinge soos ons geskik het. En ons het hulle vereer deur planete en…
Mellet Moll. Oë
Oë (Vir Jean Baudrillard) How many faces, how many bodies can you recognize, with your eyes closed, only by touching them? Have you ever closed your eyes and acted unconsciously? Or loved someone so blindly, you could almost feel their energy in a dark room and be moved by the powerful touch of…
Bester Meyer. Van Anderkant die Dagbreek af
Van Anderkant die Dagbreek af “Ek sien hom ver kom, ek sien hom ver kom, van anderkant die dagbreek af.” – Kennis van die Aand, André P Brink. Dit is die twee-lettergrepige ‘hoekom’ wat vlak asemhaal in dié gedig óm van anderkant die dagbreek af terug te kom, hoe dan anders kan…
Wenner van Groot SA Rampe-digkompetisie: Joan Hambidge
Die wenner van Versindaba se digkompetisie oor groot SA rampe is Joan Hambidge met “Brand UCT Sondag 18 April 2021”. Die volgende twee gedigte word eervol vermeld: Mellet Moll se “Vaal Reefs, 10 Mei 1995” en Trienke Laurie se “Andries van Wyk”. Brand UCT Sondag 18 April 2021 I ‘n Stilfilm…
