Onthulling ‘n celeb anderkant makwassie onthul toe mos op die kassie haar huw’lik is verby sy kan nie langer bly by ‘n man wat hom nooit wassie © Hannes Visser, 2021
Category: Kompetisies
Marthe McLoud. Die katoolse Werner Von Trapp
Die katoolse Werner Von Trapp Het met ’n jong dame gaan stap Hy vat aan haar boud Sê, “Kom ons wees stout!” Maar al wat hy kry, is ’n klap. © Marthe McLoud, 2021
Hannes Visser. Visvang
Visvang ‘n visserman van Germiston vra soos ‘n getroue christen die seën op elke gooi vir die siel van sy prooi toe vang hy ‘n Ford se piston © Hannes Visser, 2021
Hannes Visser. Saartjie
Saartjie Saartjie Botha van Randfontein se lyf was glad nie fyn en klein sy het vir Koos gevang maar dit maak hom bang toe hy hoor sy’s rofstoei getrein © Hannes Visser, 2021
Hannes Visser. Bobbejaanstreke
Bobbejaanstreke die bob’jane van Bettiesbaai het Bertus sommer baie kwaai sy vrou sê gaan koop ‘n hond nee sê hy ‘n hond loop rond al wat werk is ‘n moerse haai © Hannes Visser, 2021
Marthe McLoud. Die lywige juffrou De Waal
Die lywige juffrou De Waal is dodelik bang vir ’n skaal Sy vrees ’n dieët maar hou nie op eet Nou verbeel sy maar sy is skraal. © Marthe McLoud, 2021
Marthe McLoud. Klakous Buys
Daar was ’n klakous genaamd Buys Hy kerm vir poeding en vleis Sy vrou ruk haar op Jou fiemies moet stop Gaan eet by ’n ander kombuis. © Marthe McLoud
Marieta McGrath. Verkeerdevlei limeriek
Oom Adam du Toit van Verkeerdevlei – Kom Sondag, dan’s hy by Bekeerdevlei Kom Maandag, dan weet hy Nou-nou maar eet hy Weer saam met Eva verkeerdevy © Marieta McGrath, 2021
