‘n TREURENDE DAG VAL UIT DIE KLOKKE ‘n treurende dag val uit die klokke en beier oor die stomme horison ek strompel voort deur herhaalde skokke ‘n treurende dag val uit die klokke jou stem verstil met als wat ons nog kon ‘n treurende dag val uit die klokke ek steier oor die…
Category: Kompetisies
Pieter Hugo. Daardie uur sonder uur
DAARDIE UUR SONDER UUR asof jy in die middel van ‘n sin my in die rede wil val met iets, iets verrassend wat jy onthou, wat te mooi is vir woorde, maar jy dit perfek ampersê met jou bolip wat, effe oopgetuit, versag tot ‘n binneglimlag en ons vlieg in daardie uur…
Reinette Thiart. Lente Spring (5 limerieke)
i Lente Spring Li se geliefde hang in die bos Vas in die bitterbessie taai bos Die liefde laat haar bloei Lente-kersiebos-gloei O, vrek, die geliefde kom nie los. ii Lente Spring Sy streepjas haak in ‘n kersbos vas Wind waai hom in ‘n haak-en-steek vas Hy maak vinnig broek…
Marieta McGrath. Ouma se afdak
Ouma se afdak As Ouma haar bra vanaand afha’k En alles wat bo was daar afsak En swaartekrag trek Als mooi op sy plek Dán kry haar voete ‘n afdak ©Marieta McGrath
Annora Eksteen. Twee limerieke
Tanetta kan nooit ophou praat Dit maak Sue so dikbek so kwaad. Sy skryf in ‘n brief Hou op asseblief Jou stem skril tot af in die straat. © Annora Eksteen, 2021 * Mooi Pietman transgender Pampoen Aantreklike Gretha Pampoen Wou so graag ‘n ouer vrou soen. …
Annora Eksteen. Twee limerieke
Op Facebook smeer hulle met stroop Dit drup af en val in ‘n hoop. Ag wat maakit saak Die kan niemand skaad Net moeilik om daarin te loop. © Annora Eksteen, 2021 * Daar trou twee gays in ‘n tuin Dis liefde wat uit hulle skyn. ‘n…
Annora Eksteen. Daai Malachy dronk ou Mccourt
In Limerick was daar ‘n man ‘n Suiplap McCourt was sy van. Hy sing van ‘n galg Sy seuns is gewalg Jou doos gee ons kos nou en dan! © Annora Eksteen, 2021
Hannes Visser. Die biker
Die Biker ‘n bronstige biker van Benoni sê sy goose moenie so moanie toe hy spoed begin kry het sy gatkant afgegly omdat sy nie vaster wou klou nie © Hannes Visser, 2021
