‘n Lywige boer van Napier het gevry op sy eie manier. Sy soene was giftig maar sy pens te gewigtig om ‘n nooi in die kooi te plesier. © Zandra Bezuidenhout, 2021
Category: Kompetisies
Waldemar Gouws. (onbeplande revolusie)
(onbeplande revolusie) Ai Koekenaap, aan my bas raak dit warmer Min woud, min water, elke siel is armer Gaan Kraai hom hier moet doodgaap? Wat oorweldig vir Vis oos en wes van die Kaap? Raai hoekom is die nywerheidsvasdraai net onbarmhartiger © Waldemar Gouws 2/11/2021
Hannes Visser. Kerktorings
Kerktorings Die kerkraad hoor Maandag eers alles Hul vra of mevrou dominee dan mal is Sy’t glo aan koerante loop vertel Alle kerktorings is uit die hel want, meen sy, elkeen trek op ‘n fallus © Hannes Visser, 2021
Hannes Visser. Netta van De Aar
Netta van De Aar Die mooie Netta van De Aar Voel die hele week vreeslik naar Dis van deurmekaar eet Laat slim ant San haar weet Maar nig Netta wis dis nie waar © Hannes Visser, 2021
Marieta MacGrath. Die lewensverhaal van ‘n Frieskoei
Die lewensverhaal van ‘n Frieskoei Begin op ‘n dag by ‘n bieskoei En soos dit maar is Op die lewe se bus Eindig dit tragies by vrieskoei © Marietha MacGrath, 2021
Thomas Deacon. ‘n Dame genaamd Katie O’Hara
‘n Dame genaamd Katie O’Hara Sluk ‘n brouseltjie bitter kaskara Dit hoes en dit proes En almal moes koes Vir Katie O’Hara se spoegsel kaskara © Thomas Deacon, 2021
Thomas Deacon. ‘n Doedie genaamd Glibber Abas
‘n Doedie genaamd Glibber Abas Se lyfie was soepel soos was Knakbuig soos stingeltjiebiesie Verloor nooit ‘n lyfkompetisie Haak toe haar lyf aan Jan Kieriebeen vas © Thomas Deacon, 2021
Thomas Deacon. ‘n Ierse sopraan genaamd Joffee
‘n Ierse sopraan genaamd Joffee Moes sing maar haar tong word ‘n toffie Dit glibber en gly By die note verby Nou leef sy van droë brood en koffie © Thomas Deacon, 2021
