Nou, oornag, het die skimmel uit die ooste toe ook op ons kom sit, beetgekry, besmet. Maar net soos destyds met die dons leer keer ons en vloei die lewe weer soos goeie wyn uit elke bottel, elke glas as ʼn wals ʼn vastrap ʼn kotiljons © Fanie Olivier, 2021
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (157 – 159)
157 ek dink aan pypkaneel en steranys naeltjies neut en ‘n virusvrye bosparadys ‘n lourierblaar in roomsop met ‘n sjerrie maar ek eet brood en botter – asem laat gaan – dis wys 158 en na die virus eenkeer elke skrikkeljaar het ek haar daar in ‘n gariepdorp gewaar met ‘n…
Kwatrynkompetisie (153 – 156)
153 ek haal asem in ‘n helder herfsdagdroom teken mandalas, maak my gedagtes skoon geen osstert sappig met sauvignon, want dit is kovid-19 min-min geld waar ek woon 154 margot aan kovid oorlede, moeg, gedreineer, teen terugslae, dood, nie meer enige verweer tydens die lang pandemie, onthou ons in 2021 haar…
Kwatrynkompetisie (149 – 152)
149 bestyg ‘n heuwel en vind altyd lig in kovidtyd veral weer in ‘n gedig met eikewyn met brood, vind ek in skranderes ‘n intellektuele insig 150 die groeikrag van hektaars wye wyngrond ook kovid bitterheid in my musikale mond ‘n boeket van frankbessies op my palet so ryp en rond,…
Kwatrynkompetisie (145 – 148)
145 Covid-19 het ver en wyd uitgekring steeds kan ons vrolik wees en sing want die wingerd-oes het oorgenoeg goeie wyn voortgebring. 146 Covid-19 het alles omver kom gooi gemoedere wyd oor kommer laat strooi maar danksy die wingerd se oes kan ons steeds ‘n glimlag plooi. 147 Om…
Kwatrynkompetisie (142 – 144)
142 Uit die sap van ‘n goeie bottel wyn vloei woorde van ‘n persiese kwatryn wat kommer oor dreigende pandemies sommer gou-gou in die niet laat verdwyn. 143 Wees vrolik, wees bly geen pandemie sal ons onder kry want vriende en goeie wyn sal altyd voorrang kry. 144 Boeretroos…
Kwatrynkompetisie (141)
Kom vier die hede. Skuif die pandemie na die verlede. Want die druif is gepars en bied vrolikheid en vrede. © Driekie Grobler, 2021
Kwatrynkompetisie (140)
Vriendskap is kosbaar, vriendskap is goed. Laat ons dit vier met wingerd se soet. Geen pandemie kan omgee kelder om die genot daarvan in te boet. © Driekie Grobler, 2021
