ek skink vir jou ‘n woordkwatryn uit Mont du Toit se bottel wyn proe en rol dit oor jou tong dit laat die vrees vir covid snel verdwyn © Thomas Deacon, 2021
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (128)
isse Kôwit hier en ‘n Kôwit daar nou speel ek op my laaste snaar ‘n derde golf en die berg onner vuur maggie rooiwyn tog iets ligters baar © Helize Jansen van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (128)
isse Kôwit hier en ‘n Kôwit daar nou speel ek op my laaste snaar ‘n derde golf en die berg onner vuur maggie rooiwyn tog iets ligters baar © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (127)
djy maak my Kôwithart so bly met djou voel ek na vry so sag so rooi so mooi as djy so in my keel afgly, o Caab-er-nij © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (125)
pleng rooiwyn wat die Kouwit-see verswart (elke druppel heel ‘n ou bruin hart) tussen vonkelglas en turkooissee bloei harte nog van dié apart © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (126)
Vyftig skakerings van wyn Daar is soveel variëteite: merlot 501Y.V2, Pfizer, cinsault … maar die mees dekadente is dit wat ek teugie vir teugie drink saam met jou © Marieta McGrath, 2021
Kwatrynkompetisie (124)
Skippie in ‘n bottel Ryp druif, son, grond gevang in ’n kwatryn korrels na pars, gis en vat gebottel as wyn. Eindelik seil ’n klein skip agter glas weg vir die pandemie, tydelik net skyn. © Anton Dockel, 2021
Kwatrynkompetisie (123)
onder die berg en die oggendlug lê ‘n wingerd blarerig en sug agter glas roep my hart na ‘n dag sonder pes en pandemie-berig © René Bohnen, 2021
