Foto 28 – Konkavuur https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Daar Waar sprankies liefde stil bestaan, maar koper vonke skril verskiet; getinte vlamme suis uit niet, vind ek in my skraal verstaan vae troos en koestering. Verslae soos ek was, stom, kan ek na flikkerings tas om deur verlatenheid te dring. © Jan Pretorius, 2026
Jan Pretorius. Naspel 2026
Foto 24 – Windpomp en vlakte https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Naspel 2026 Ek gaan ewe verwaand langs ʼn plaasdam staan – vergeefs, dis droog. Ek skiet tóg – die klip vlieg hoog, draai skerp en Artemis dof uit hitte tot in warm stof. © Jan Pretorius, 2026
Jan Pretorius. Roggeveldse silwer aand
Foto 10 – Stofstraat. Sutherland. https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Roggeveldse silwer aand Die middag het gevries in vrees en skrik met elke klein geluid en saans moet almal binne wees – geketting-en-gesluit. Rou riool in ʼn moddersloot laat die silwer skemer stink; in ʼn stofstraat sien jy klein en groot by ʼn tenkwa tou…
Jan Pretorius. Orycteropus afer
Foto 18 – Naghemel Rogge Cloof https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Orycteropus afer Ek raak onbesuis bewus dat daar ʼn gevroetel in die heelal is; ek fokus flink my teleskoop en sien ʼn erdvark waggel-loop. Sy stert se sleep is baftablou, terwyl hy gitswart gate grou – hy dolwe oral newels om, maar toe staan ek…
Krige Visser. die hawe
die hawe sou ek dit waag luister in Amsterdam op die wal staan “galsterig” die klank van die harmonika van die hand Brel of Faithfull s’n selfs Bowie se krete na die hawe se land agter die kortspeelplaat gesmee in die skuld van verdriet net as jy dit met toegepasde erns op…
Benno Barnard: Vier voëlgedigte (Vert. deur Daniel Hugo)
Benno Barnard: Vier voëlgedigte Vertaal deur Daniel Hugo Antropomorfe adelaar Ik heb hem nooit gezien. Hij is te koninklijk voor mijn bijziende ogen, maar omgekeerd boort hij daarboven de binocle van zijn blik in vluchtend eten, alvorens die vreselijke klauwen in een steeds trager vluchtend vleselijk schepseltje te slaan. De grofgebekte, hij die…
Joan Hambidge. Nog eenmaal
Nog eenmaal Nogmaals VWL Nog eenmaal wil ek in die skemeraand weer op ons dorp, nou sonder water staan, weer met my oë op na die sterre kyk, en luister na my onderwyser oor jou “Seekoevlei”, in die dorpsbiblioteek vérder lees aan Nuwe verse tot in hierdie donkerte waar jy steeds ‘n baken…
Elmarie Stofberg. Karoodorp: Winteraand
Foto 5: Skemeraand met volmaan https://photos.app.goo.gl/yMJaFhYqpg1ETy678 Karoodorp: Winteraand die namiddag stol roosgoud en iewers blaf ‘n hond en bome langs die blougruis pad soldate wat waghou en die maan hang rond en die kragdrade stywe snare en iemand loop alleen die rooikoper skemer in doer op die koppies lê die laaste…
