Water en vroue hoekom is die digters tog so behep met water en vroue? ʼn glimlag soos koel water oor ʼn klip ʼn laaste kuil van stilte tussen riet kyk, jy’s allesbehalwe water jy’s lyf en bloed en warmte en asem jou rug waaroor ek stadig streel die sagte warmte van jou…
Tag: Hein Viljoen
Hein Viljoen. Sy’t weggegaan
Sy’t weggegaan die spieëlkas ontbeer die gewig van ’n haarrekkie, die haarborsel, oor die tafeltjie langs die bed, oor die wit waterkring, speel ʼn spookagtige stillewe van selfoonlaaier, tweezer, handeroom, botteltjie parfuum, donkerbril, tissues. geen skoen voor die kas uitgeskop, geen onderklere oor die stoel die mure wag nie meer dat sy…
Hein Viljoen. Grendelstilte 2
Grendelstilte 2 die maan hang gistermiddag deurskynend groot voor in die straat ons stap deur ʼn koeligheid in die lopie se betondriffie dis al volherfs maar die bome is nog vol groen blare bedags bak die son nog heerlik warm, maar snags reik die luggie na jou met ysige vingers dis stil …
Yves T’Sjoen. Postumiteiten voor Breyten
Kopiereg: Naomi Bruwer & LitNet Postumiteiten voor Breyten Door het oog van dichters en navorsers Gesprekken met Yves T’Sjoen […] die oorledige ek bly lewe in skede van hede uit hede totdat slegs verlede ooglede en stomp swaarde vergister in die grond Breytenbach, ‘wat is die storie?’, die na-dood, Human & Rousseau,…
Resensie: “Wilma Stockenström: Met my wysvingertop” (Ronel Foster, red.)
Resensie: Wilma Stockenström: Met my wysvingertop, Ronel Foster (Red.) Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en kuns en Protea Boekhuis. 2024. Resensent: Marlies Taljard Die bundel Wilma Stockenström: Met my wysvingertop is die sewentiende in die reeks wat deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee word en waarin skrywers wat…
Digtersprofiel: Hein Viljoen
Hein Viljoen is op 23 Maart 1951 in Pretoria gebore. Hy spandeer sy kinderjare onder andere op Krugersdorp-Wes, Lindley in die Vrystaat en Potchefstroom waar hy in 1968 aan die Hoër Volkskool Potchefstroom matrikuleer. Viljoen voltooi sy B.A.-graad met Afrikaans-Nederlands en Psigologie as hoofvakke, asook sy B.A. Honneurs-graad, aan die destydse Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys….
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Fanie Olivier
I Fanie Olivier debuteer in 1971 met Gom uit die sipres (bekroon met die Reina Prinsen-Geerligs-prys). Om alleen te reis (1973), Paradysrigting van die wind (1976), Skimmellig (1978) en verklarings 1967 – 1987 (1988). Hierna volg Apostroof (2010). In 2020 is daar ou laaie en inmiddels het die digter as ‘n belangrike én…
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Petra Müller
I Gebore 1935, oorlede 2021. Die aandag van jou oë (2002) word in 2005 met die Hertzogprys bekroon. Sy debuteer in 1977 met Obool. In 1979 verskyn Patria en in 1984 is daar Liedere van land en see. In 1987 My plek se naam is Waterval en 1995 verskyn In die omtes van die…
