Die Chileense skrywer, Roberto Bolaño (1953 – 2003), is ongetwyfeld een van die indrukwekkendste skrywers in onlangse tye; bekend vir monumentale romans soos The Savage Detectives (1998) en 2666 (2004). Tog het hy hom sy hele lewe lank primêr as digter beskou: “The great Chilean writer Roberto Bolaño liked to argue, plausibly enough, that…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Louis Esterhuizen. CA Conrad oor terloopse medemenslikheid
‘n Interessante digter is die Amerikaanse digter CA Conrad (foto) inderdaad. Daarom verbaas dit nie dat ooteoote in hul 45ste aflewering van die Vertaallab besluit het om op dié veelkleurige fenomeen te fokus aan die hand van Conrad se biografiese essay getiteld Unknown duration of fear. Maar eers, ietsie oor Conrad. Volgens die lewenskets…
Louis Esterhuizen. Oor wasmasjiene en ander huishoudelike gebruike
‘n Digteres wat in 2009 nogal ‘n ligte gefladder in die Arabiese hoenderhok veroorsaak het, is die Joodse digter Tuvit Shlomi (1980). Sy het naamlik onder die skuilnaam Wallada bint-al Mustafi ingeskryf vir die El Hizra Literatuurprys, een van die mees gesogte literêre pryse in die Arabiese lettere, en sodoende meer as ‘n gesonde kwota verleentheid…
Louis Esterhuizen. Rita Dove reageer op skietdood van tienerseun
In die VSA heers daar groot ontsteltenis oor die 17-jarige tiener, Trayvon Martin, se moordenaar wat verlede week deur die hof in Florida vrygespreek is. George Zimmerman en Martin was glo in ‘n bakleiery betrokke, waarop die gewapende Zimmerman die ongewapende tiener doodgeskiet het. Die hof se bevinding was dat Zimmerman uit selfverdediging opgetree…
Marlies Taljard. Die mitiese stad Kêr-Ys
In Marius Crous se bundel Vol Draadwerk (2012) kom daar ʼn groot aantal gedigte voor wat gebaseer is op mites en legendes – ek het onlangs ʼn blog geskryf oor die gedig Avalon wat, net soos die eerste drie gedigte in die bundel, sy stof put uit die mite van ʼn verlore stad. Hierdie verhaaltipe…
De Waal Venter. Maar verstaan jy dan nie?
Wanneer ‘n digter ‘n gedig skep, fabriseer, aanmekaarsit, uitstort, of bou, wil hy of sy, (verder gebruik ek geriefshalwe net “hy”) ‘n reeks omlynde of bepaalde betekenisse aan die leser oordra. Hierdie stelling plaas die begrip “poësie” dan ook in ‘n kader wat wil hê dat poësie “betekenis” moet hê en oordra. Ander kaders hou…
Amanda Lourens. Trompie en die transhumanisme
Vanoggend was daar ’n interessante gesprek op RSG oor die geweldige groei in realiteitstelevisiereekse en hoe hierdie genre selfs in die toekoms daarin kan slaag om sepies te verdring. Die gas op die program het toe ook verwys na The Hunger Games as ’n voorbeeld van hoe ver die reality show in teorie gevoer kan…
Louis Esterhuizen. Met die gedig as argitektoniese konstruksie
Watter verrassende ontdekking is die 94-jarige Portugese digter, Sophia de Mello Breyner Andresen, se gedigte op Poetry International Web nie … Ook haar siening van die digkuns is op sigself inspirerend; ‘n siening wat besonder baie aan dié van haar Poolse tydgenoot, Wisława Szymborska, herinner en as sulks soortgelyke gedigte tot gevolg het. In sy…
