Die ander een is ek – T.T. Cloete Een van die maniere waarop ‘n leser toegang tot ‘n teks kry, is deur die soort teks te herken. Die leser weet dan hoe om die teks te benader en ook, in meerdere of mindere mate, wat om te verwag van die teks. Dit is immers…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Louis Esterhuizen. Komrij se huis in Portugal nou ‘n herberg vir digters
Na maande waartydens ek deur werksdruk en ander vreugdes onderwater gesleep is, kan ek uiteindelik darem weer kop optel en na die berge kyk. Uiteraard het bepaalde dinge agterweë gebly en is daar berigte en/of gebeurlikhede wat ek so soort van agterna sal moet byhaal; soos die berig oor Gerrit Komrij, wat verlede jaar…
Hannalie Taute. Orde
Ek kyk op en af na die insekte….waar sal my hulp vandaan kom? In my hunkering na ‘orde’ asook my seunskinders se nuuskierigheid en opgewondenheid oor insekte het ek nie te lank gelede ʼn reeks insekte (15) uit elke ‘orde’ geborduur. Die reeks was ook geinspireer deur die boek “Ons eie insekte’ maar voor dit…
Andries Bezuidenhout. Geoff Dyer en die ding met skryf
ʼn Paar jaar gelede het die bestuurder van my gunsteling boekwinkel in Johannesburg Geoff Dyer se “Jeff in Venice, Death in Varanasi” aanbeveel. Dankie tog vir boekwinkelbestuurders wat hul klante ken! Nou die dag loop ek Dyer se volgende werk in ʼn ander boekwinkel in Johannesburg raak – “Zona: A Book About a Film About…
Andries Bezuidenhout. Jou kinders het hul hande gesny – ʼn vertaling
Ek lees weer Margaret Atwood. Haar gedig “Your children cut their hands…” val my op, deels oor die slinkse manier waarop sy die woord “red-handed” letterlik vertaal. In Afrikaans sou dit vertaal word as “op heterdaad betrap”. Hoe sou mens die manier waarop die betekenis verdraai word in Afrikaans vertaal, sonder om die woordspeling te…
Marlies Taljard. Binne die kreatiewe sone
Hierdie is die derde blog oor die kreatiewe proses waarin ek skryfode uit Antjie Krog se bundel kleur kom nooit alleen nie eksemplaries gebruik. Ek konsentreer in hierdie blog op grensoorskrydingsmites, inisiasierites en handelinge wat tradisioneel binne die liminale ruimte plaasvind. (Die syfers wat tussen hakies verskyn, verwys telkens na bladsye in kleur kom nooit alleen nie (2000). Struktuur van grensoorskrydingsnarratiewe …
Andries Bezuidenhout. Heilige handel
1 Op ʼn kaal verhoog begin die eerste bedryf as João en Girolamo na vore tree. João, gekraag soos ʼn Portugese intellektueel, eerste aan die woord: “Flambojante Da Gama op die kaai, sy jaspante uitgeskutte seile.” Hy stik in die medeklinkers, raadpleeg sy teks. Die regisseur skree: “Ontspan! Verbeel die klank van meeue, water teen…
Desmond Painter. Is die PEN magtiger as die ‘drone’?
Die stigting van PEN Afrikaans verlede jaar was myns insiens ’n werklik belangrike inisiatief, een wat die potensiaal het om ons letterkunde te ‘internasionaliseer’ op ‘n manier wat nie summier reduseerbaar is tot leë bemarkingsretoriek nie. PEN bied die Afrikaanse skrywer ʼn welkome vorm van ‘onbemiddelde’ internasionale verteenwoordiging: ons word immers op grond van Afrikaans,…
