Sutherland Ons volg die spore van ‘n klipwerker na waar die sterre in die skynheil snags die onbevlekte gronde lumineer met elegieë vir die heemloses wat iewers in die nalewe bly sweef en oor die vlaktes van Gondwanaland in ligsin die komete projekteer teen blouswart koepels onderweg. Ons reik met uitgestrekte hande na die…
Category: Kompetisies
Plekgedig 5: Marthe McLoud. Garden Village – Somerset-Wes
Garden Village – Somerset-Wes Gewond aan tak en wortel hulle bloed in die stof – baarmoederoffers opgerol in daggazolle: ‘n gerookte generasie skoolsku sit hulle op die sypaadjies in hulle tuin van Eden – uitsigloos, halfpad dood groei ‘n handjievol nog moeisaam voort Is ons wat arbei in die tuin se skoffels…
Plekgedig 4: Riëtte Hugo. Moederstad – Kaapstad
Moederstad – Kaapstad met paaie en spore jaag ons daagliks soos duisende mallerige miere om jou antieke hart te masseer jou juweelbedekte nekplooie blink te streel; woeker en werk en slenter en flenter ons in jou koffiekroegies en in jou groen longe voer ons etende eekhorings en sien ons hoe die wit wolk…
Plekgedig 3: Lochner de Kock. Citrusdal
Citrusdal Strooi my as ligweg oor die skadu van n goudswaar nawelboom dat ek met eerstereen se loop in Olifantsrivier mag swem. Prakseer n seder houtkruis met takkies uit Sneeuberg en rooibosteeblaar woorde wat singdans in die wind. Citrusdal se naelstringkind. Nooitverlore, Nooitgevind.
Plekgedig 2: Die vabond van Vereeniging
Die vabond van Vereeniging Hy, met sy olierige haar-slierte en gespierte, drankasem en Texan-sigarette staan die kroeg vol. Buite staan sy ysterperd want hy jaag in plaas van hol. die Vrees-van-Vereeniging is hý gedoop veral wanneer sy makkers hom omring. Hy drink sy milk-stout die-een-na-die-ander want dis koud – maar hý is nog nie…
Plekgedig 1: Melanie Grobler. Pringlebaai
Pringlebaai Dis Sondagaand en ek meet die somer aan die kwaak van paddas by die waterpoele die rammel van eenbeen boodskappers van weerlig deur die kranse terwyl die winter se meetsnoere kom in die hoogte van die stapel hout by my voordeur die kners van vuur in die kaggel winter in die…
Wenners van die Beeldgedigkompetisie!
Wenners van die Beeldgedigkompetisie Andries Bezuidenhout Zandra Bezuidenhout Carina Stander Baie geluk aan hierdie drie wenners! EERSTE PRYS (R1000): Andries Bezuidenhout. Gesprek met Vilhelm Hammershøi by Ordrupgaard TWEEDE PRYS (R600): Zandra Bezuidenhout. Stillewe DERDE PRYS (R400) : Carina Stander. stiljag Met dank en waardering aan Cordis Trust vir hulle steun, maak ons graag…
Kompetisie: Beeldgedig (top 15)
Hannetjie de Clercq (Chic) Die Top 15 beeldgedigte vir die finale rondte in ons kompetisie. Waar sommige digters twee gedigte ingestuur het en albei moontlik kon slaag, het ons die beste een van die twee gekies. Die drie wenners sal uit hierdie 15 gedigte gekies word deur drie keurders en die aankondiging sal hopelik oor ‘n week of twee…
