Standerton Standplaas van A.H. Stander – “Grootverlangen” – gee die dorp sy naam. ʼn Mikrokosmos van ʼn land; hier is Jan Smuts ontsetel; ʼn skoolleuse: ‘Sapientia Vincit’. In die Sakhile townships heers opstand en teëpraat; ʼn Boereoorlog-monument geplunder deur insurgente en klokslag élke sewejaar oorstroom die walle van die Vaal. Ál…
Category: Kompetisies
Plekgedig 29: RP Boshoff. Losperfontein
Losperfontein Langberg, Magaliesberg, Kareespruit Losper, dit is jou kenteken hieruit Haakdoring, Soetdoring, Suurkaree Losper, wie kan vir jou sê nee Rooigrond, turfgrond, leemgrond Losper, jy verwelkom elke gas Patat, pampoen en rooibeet Losper, almal wil meer van jou weet Tralies, selle en rooi baksteenmure Losper, vir jou stap ons deur helse vure …
Plekgedig 28: Jaco Fouché. Bellville
Bellville Bellville, jy was my dorp-stad, En ek halfmak, halfwild in jou strate. Ek onthou jou wanneer die son ondergaan, Wanneer die mis tussen die woonstelblokke hang En die lug na hondekos ruik, ‘n Sirene heelnag raas En advertensieborde langs die strate pryk. Ek dink aan jou op aande wat nou oud…
Plekgedig 27: Gisela Ullyatt. Underberg
Underberg die pad na Underberg neem sy kronkelgang onder platane in die laat-herfs, elkeen diep geroes die pad trek krom, verby puckety farm stall, the lemon tree waar besoekers warm broei soos henne wit koffiekoppies neskuiken op rooi tafeldoeke slangagtig slier die pad deur ’n mistige bergpas verby perdeplase en witgepleisterde huise met…
Plekgedig 26: Marthinus Beukes. glenhove (her-)besoek
glenhove (her-)besoek i.l. de v grondbesit is wortelskiet van (londense) plataan :sneltreintonnels is tydgebonde waar die afstand tussen neweskikkende voeg- woorde enkelvoudig is en die vreemdeling vervreemd in binnekringe en sirkelspore aanhoor: don’t mind the step!
Plekgedig 25: Quarta du Toit. Vrygrond
VRYGROND My plek is nie mooi nie my plak-plek is Vrygrond maar niks is hier vry nie Kinders speel in vuilgoedstrate Adem stinkende dooie dinge in ʼn kind ontlas soos ʼn dier in ʼn gat Terwyl ’n ma deur sluier, slierte staar. Langs die pad ʼn spasa-shop Waar kinders ten brode, bedelsmeek Duitse motors…
Plekgedig 24: Wicus Luwes. Trompsburg
Trompsburg jy was my eerste Voortrekkerstraat die eerste een wat ek kan onthou jy het my fietsspore in jou modderpaaie gehou tot die volgende reën ek het die sterre onthou wat jy my gewys het die satelliete en Haley se komeet – dieselfde satelliete wat ek nou gebruik om na jou op Google…
Plekgedig 23: René Bohnen. Nieu-Bethesda 2020
Nieu-Bethesda 2020 Radioaktiewe kraaie sit in klosse op Shell se torings, hulle gekrys verdring deur bore se ratatat-tat, deur vierhonderd tenkwaens wat druis op die dubbellaanpad. ʼn Meermin se uitgestrekte handjies verweer in die suurreën, haar bierbottel-oë bars rapat; rapat breek die watertafel. Sien is glo – protesplakkate tolbos soos tuimelende orakels oor fracking…
