Wellington word warm Wellington se hitte het stokkiesgedraai vergeet om dag en nag af te wissel mense soos swartgerypte pampoenblare deur die strate gesleep, sonder taal of gebaar om hulle weersin aan die regte adres te pos, diere het gelate kopbymekaar gekonfereer. Dis toe dat die Boland sy sagte hart kom wys, sonder donder…
Category: Kompetisies
Plekgedig 11: De Waal Venter . ‘n Man in Johannesburg
‘n Man in Johannesburg Die seun het kunsklas bygewoon by die Tegniese Kollege in Eloffstraat naby die stasie. Hy het geworstel om die nat reuk van klei in ‘n gesig te omvorm; die oë was onsiende, hulle kon nie die datum op die kalender lees nie: 1954. Die jong man het deur die…
Plekgedig 10: Annette Wessels . As dit my Wildernis was
As dit my Wildernis was Sou jou voetspore die vroegoggenddou se stilte versteur en in die prag van oranje na pienk die donker in begin kleur? Sou my hart jubel in jou geel so sigbaar ingeskuif en sal jy my toelaat om daarin te deel? As die see sy waters teen jou eindelose…
Plekgedig 9: Irene Blignaut . Kaapstad, plek van nuwe begin
KAAPSTAD, PLEK VAN NUWE BEGIN Die Suid-Ooster wat mens op jou tande laat kners het gaan lê en Tafelberg kruip skamerig uit onder sy wolkkombers; Ek kyk oor die berg se hang – af na die see en die goudglans van son op die water, bring ‘n vreemde heimwee. O Kaapstad, plek van…
Plekgedig 8: Eduan Naudé . Inleiding tot Pretoria se portfolio
Inleiding tot Pretoria se portfolio In oktober is haar shawl pers om by haar eyeshadow te pas wat gans te dik aangeplak is as sy weer vir die wolke en sy weerlig lê en wag. Paaie lê deesdae lyne op haar gesig wat eens aantreklik versier is met ou staatsteaters en uniegeboue saam…
Plekgedig 7: Marita Coetzee. Paradys in Upington
Paradys in Upington Goudgeel, volswanger en bevrug hang jou trosse Swaar belaai met nektar van die gode Dansende voorspel tot die voggies van Bacchus Verwerk, verbrysel en vertrap in die kelders Tot skitterblink en geilrooi in die glas Waar dit vir kerkmens en sondaar lag Of gedroog en verrimpel tot rosyn in son se…
Plekgedig 6: Mellet Moll. Sutherland
Sutherland Ons volg die spore van ‘n klipwerker na waar die sterre in die skynheil snags die onbevlekte gronde lumineer met elegieë vir die heemloses wat iewers in die nalewe bly sweef en oor die vlaktes van Gondwanaland in ligsin die komete projekteer teen blouswart koepels onderweg. Ons reik met uitgestrekte hande na die…
Plekgedig 5: Marthe McLoud. Garden Village – Somerset-Wes
Garden Village – Somerset-Wes Gewond aan tak en wortel hulle bloed in die stof – baarmoederoffers opgerol in daggazolle: ‘n gerookte generasie skoolsku sit hulle op die sypaadjies in hulle tuin van Eden – uitsigloos, halfpad dood groei ‘n handjievol nog moeisaam voort Is ons wat arbei in die tuin se skoffels…
