Diep delf Koud is die klipperigheid in Kimberley en na ‘n lang en onvervulde winter, wag daar agter die seisoen se kantel, weer hoop in die somerson se glinster. © Jacques Boshoff, 2023
Category: Kompetisies
Andrea Sieberhagen. Reënwolke
Reënwolke Wolke warrel wasig wit voor my venster verby. Reëndruppels rits rasig rond op die sinkdak van my. ©AndreaSieberhagen, 2023
Jacques Boshoff. D-dag
D-dag Luid is die aankoms in die Hoëveld van hierdie deurwinterde kryger, wat die laaste soldate van lente, met donder en bliksem verwyder. © Jacques Boshoff, 2023
Andrea Sieberhagen. Blomseisoen
Blomseisioen (Namakwaland) Die aarde verf ‘n selfportret van blommetjies se lentepret. Spatsels verf val op die grond. Kolle kleur vloei rond en bont tot in die seisoen se inkleurboek waar almal binneblydskap tussen buitelyne soek. Hoe vrolik sou vreugde wees, as jy ‘n inkleurboek kon lees? Introspeksie se dieper kyk laat swart…
Emile Moelich. Koos Viljoen
Koos Viljoen Koos Viljoen is ‘n boer miljoen. Hy versoen grond en seisoen soos ‘n groen kampioen. Koos het ‘n brug gebou oor die rivier se nou sodat vragte kan klou waarmee hy sy plaas wil bou. Koos boer met lemoen, sampioen, waatlemoen en pampoen, als in die regte seisoen. …
Riaan le Roux. Herbergsaam
Herbergsaam gaan die lang koelte in laning járe bemin ‘n saamreis, een somer met aanskyn blink begin © Riaan le Roux, 2023 Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023. Visit our website regularly at https://www.avbobpoetry.co.za/ for editing tips and advice as well as updates about upcoming workshops. …
Ilse van Staden. Somerlied
Somerlied By Summerland Point swem eende generies op ʼn dam, die water ʼn onvoldoende spieël vir uitgereënde wolke, flets lug. Miskien sal ʼn kiewiet later sy vere in die klam wind skik en pluis sodat ek met geskreefde oë my kan verbeel ek is vir ʼn oomblik weer jonger en tuis in Afrika:…
Ilse van Staden. Somer in die Waterberg
Somer in die Waterberg (vir Marcella) Eenmaal het jy gevra dat ek die somer as ʼn haikoe skryf, die woorde het jy self verstrek: wit vlinders wat deur warm dae dryf, wit vlinders in die Waterbergse somer asof dít vir jou die essensie was (jy was maar altyd ʼn dromer!) wat ek…
