Lupus-(lunar)verduistering jou seersnel gewrigte slampamper in maanlig immer sku ontwykend voor son-sneller ek proe jou vlindervlerkpynkrete purperrooi selfvernietigend onbeweeglik voed, vermaan, vertroetel jy kermende kroos geëtiketteer ontoeganklik ontoereikend onbevoeg ongereken vernietig veretter in omgewingsfeer-melkweg wentel jy al verder rebelleer jou stralekrans: “laat my lig helder wees?” voordat jy eksplisiet deur my vingers glip…
Category: Kompetisies
Meyer van Rensburg. Flessies hoop (M)
Flessies hoop Op die oewer van die Londen-slagaar wat van wes na oos sy kronkelkoers reg deur die eiland-korpus baan (invers met Covid se beloop), staan ons afgemeet, gemaskerde bloeddraers, gespasieerd in lang toue: wagtend in die winteraand se koue om een-vir-een deur die St. Thomas-alkoof te gaan en die gestuurde geneser daar te…
Meyer van Rensburg. DNS-faktore: uitvlugkans? (M)
DNS-faktore: uitvlugkans? Erflikheid word oorgedra van generasie tot generasie deur twee lang stringe DNS nukleotiede: (hanglere wat genome dra) dwarsdeur elke plantsoort of diernasie, word dit deur pare chromosome van die ouers sinkronisties voortgeplant, gesaai soos saadpluime wat afdaal van baldakyne van die bome en opbloei uit fertiele sand. Esoteriese geheime lê…
Anton Döckel. Beroerte (M)
Beroerte Sy lewe kom terug hartklop en asemhaal en oë wat wys hy sién maar sy woorde is weg ek probeer sy tong leer om uit die pad te kom dat hy gedagtes kan namaak – toe na maande hoor ek hom sê ek het jou lief – en wonder, is dit…
Neels Jackson. Vertigo (M)
Vertigo Dit maak ’n fraksie van ’n duisendste van 1ml vol. Tog, as dit in die verkeerde kanaal inrol, laat dié klein oorkristal jou ganse heelal duiselend tol. © Neels Jackson, 2024 (2024-02-09)
Meyer van Rensburg. Chirurg (M)
Chirurg sy skalpel dring die liggaam binne deur vel en vlees tot waar die kwelling -‘n stuk menselewe – weggesny, weggegooi moet word. Naaldwerk dit dan korter saam om die leeftog langer te maak. © Meyervanrensburg
Meyer van Rensburg. Algoritmes om te genees (M)
Algoritmes om te genees Gedagtes van hoeka-tye swalp teen my herinneringe aan: soos verlede jaar se somer-swaeltjies tjilp hulle op stellasies van my denkstelsels en striduleer soms lang helder episodes en stories; ander kom in sillabe-fenomene wat ek stuk-stuk soos ’n inlegspel aanmekaar wil mik-en-druk om sin te maak uit wat jare t’rug…
Jaco Fouché. Piet Ras het vertrek (M)
Piet Ras het vertrek Piet Ras het vertrek, op 54 oor die hoë muur van die ontspanningsarea geklim waar die res in die son bak, dut, gesels en verder die oggend omwag dat dit middagete kan word waartydens die stafverpleër hom gister bloedig vir Piet vererg het omdat dié elke ewige middagete vooraf kom…
