Chemoterapie Ons het alles uitgesny. (Is jy bly?) Maar jy moet weet… (Is jy gereed?) eers sal jy alleen ʼn lang, lang pad moet stap. Hierdie pad moet jou lei na lewe sonder ly. Terwyl jy een dag op ʼn slag tree vir tree vir tree tekens van herstel verwag kan niks en…
Category: Kompetisies
Hennie Nortjé. Amputasies
Amputasies In die vloeibane van die koorsboom word alle skadelike soute en minerale afgetak, sodat slegs ‘n enkele vergiftigde lid verrot en later grondwaarts val. Groen en gesond bly die boom dus steeds in die laagte staan. So ook, offer die geitjie liewers haar stert op as om heelhuids verorber te word…
Hennie Nortjé. Gesonde verslawing
Gesonde verslawing Vir ewig aan die sweet, vir altyd op die pad. Voor wie se oë uit vlug jy, wat hou jou aan die draf? Die platjiegod van Pheidippides en kie straf so vir elke sot wat hoog wil leef op ‘n endorfien of twee. (Maar vermy tog asseblief om…
Joan Hambidge. In hierdie herfstelike nag
In hierdie herfstelike nag Die nag is koorsig windslierte wasig oor die slapende stad. ‘n Vuurherd knetter die somer is verby ‘n groenskrif vir siekte waarsku teen prikkelbaar- heid, insomnia en konvulsies oor hierdie bikonvekse tablet. L’envoi Ten spyte van die voorskrif gevolg, klop my hart a-ritmies in hierdie…
Rosa Keet. Darwin
Darwin Ek en alles rondom my stort in duie dis wreed maar waar. In duie gestort beteken duidelik meer as een dui wat gestort het. Ek glo of eerder ek het ’n vermoede dit kan ook dui op die hordes spesies en kulture wat al in duie gestort het. ’n Geluksalige…
Rosa Keet. nm
nm Klein Nano is deesdae die wetenskap se gonswoordmaaksel ’n ikoon sonder regulasie waarmee een meneer iewers in ’n laboratorium wag om die ganske wêreld te koloniseer. Want wanneer is genoeg ooit genoeg? Volgens mevrou Google is nano delikaat gelyk aan ’n petieterige een miljardse van ’n meter of omtrent die…
Gerard Scharn. Primair Progressieve Afasie
Primair Progressieve Afasie het juiste woord wordt niet meer gevonden het verval is in gang gezet, geen vlucht naar hoger honing, geen begrip meer voor de diepte van het geschreven woord als een touw dat wordt ontrafeld tot een kluwen onontwarbaar opgerold in niet begrepen taal zonder begin of einde totdat een…
Rosa Keet. Nog steeds om die gebeentes
Nog steeds om die gebeentes Al is die skelet en skedel meer bestand teen aanslae van buite as die weekdele alleen al bly die geraamte oorwegend dieselfde been van my been. Al spoeg ek herhaaldelik stukkies uit verslyt verbrysel en kapot vir die aasvoëls die tandmuis die graf in hulle moer in…
