Chemolokaal so sit ons op rye gemakstoele onder gifdrup pypies uit sakkies elk gevul met ‘n ander mengsel vir oorlewing so ver verwyder van gister is vandag ‘n onseker pad die onkoloog ‘n doodskonsultant met geen tyd prognose slegs geloof gesonde denke en liefde dra jou deur © Francois de…
Category: Kompetisies
Francois de Jongh. Eggo
Eggo PET/CT skandering by ontvangs ‘n televisieskerm sonder klank so ook die gange ‘n naaldkamer vir kleurstof met radioaktiewe kankeraanduiers ‘n kernspoor in die snelweg van my are ‘n gemakstoel in ‘n steriele hokkie twee ure se wag agter gordyn en spieëlblink mure iemand sug iewers ‘n witgestyfde vrou bring ‘n…
Joan Hambidge. In corpore sano
In corpore sano Siekte nog altyd afstandelik ironies berym of verwoord. Geen medikasie hier vir seer of Voltareninspuitings vir nood. ‘n Onverwagse insident (die voet se glyslag op water in ‘n toilet by die teater) laat my skaats soos ‘n digter in vryval soos ‘n vryevers sonder einde met die leser deur te…
Eunice Basson. Niemandsland
Niemandsland Vir MJ (1951-2022) Die afsprake was jarelank vol huiwering, driemaandeliks vooruit gedagboek: Die ritueel van regmaak, ry, parkeer en aanstap oor niemandsland deur swoel reuke van afskeid en vertrek, na doolhowe oorvol geykte retoriek; tussen drupbuise deur waar ’n hematoloog bloedplaatjies bekyk en voorstelle bedink; die onkoloog, gangaf, ’n kelk só doseer…
Franco Colin. Bors
Bors Vir MH Haar sagte kerne is ru versteur: Die gewas het onbeteueld uitgebeur en is die begeerlike rondings uiteindelik met die mes verdring. Sy smag na die gulheid van profiel wat sy in beeld na beeld boetseer: Met klei besweer sy die verlies weer en weer tot rondborstige prosteses van keramiek….
Franco Colin. COVID-anosmia
COVID-anosmia Daar is geen liefde meer in nartjies nie. My ouma is haar kaneel kwyt en niemand, niemand ruik anys nie. Al die vroue is neusie verby. © Franco Colin, 2023
Franco Colin. Disritmie
Disritmie Vir kardioloog, Dr. Hanneke Dannheimer Wie kon weet?: Uit disritmie is poësie te maak. Donderdagmiddag om presies twee minute voor vyf begin my ribbekas hip-hop soos ʼn pulsar: Danksy vierdejaar mediese onderrig diagnoseer jy ʼn “onreëlmatige onreëlmatige” disritmie as ATRIALE FIBRILLASIE. Die EKG vol lukrake Mars-landskappieke bevestig die ongure vonnis. …
Franco Colin. Intensiewe sorg
Intensiewe sorg Vir H. Bedags, met internisjas aan, loop hy deur patryspoortdeure na ʼn ateljee van lewe-en-dood: sy stetoskoop gelei ritmiese kloppe; X-strale reduseer skelette tot etse en skanderings klief harsings tot abstraksies; kunslonge pomp soos konsertinas en kiemkuursop sypel in die sterwende fynproewer in. Vanaand, met klanke, vloeikaarte artistiek bemeester, vervel…
