I Lynthia Julius is gebore op Springbok en het grootgeword in Kimberley. Sy het ’n honneursgraad in filosofie en ’n meestersgraad in skeppende skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat behaal. Uit die Kroes, haar aangrypende debuut uit 2020, is bekroon met ’n Suid-Afrikaanse Letterkundetoekenning (SALA). In 2023 ontvang sy die gesogte Jan Rabie…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Opperman
I Elke digter het ‘n “bag of tricks”, stylhebbelikhede of -kenmerke wat hom of haar herkenbaar maak. Elke digter wat met Eybers in gesprek tree, druk ‘n bepaalde, eiesinnige stempel af. Dis soos die bekende anekdote van Fritz Wunderlich wat derde gekom het in die kompetisie om te sing soos Fritz Wunderlich … Om…
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Fanie Olivier
I Fanie Olivier debuteer in 1971 met Gom uit die sipres (bekroon met die Reina Prinsen-Geerligs-prys). Om alleen te reis (1973), Paradysrigting van die wind (1976), Skimmellig (1978) en verklarings 1967 – 1987 (1988). Hierna volg Apostroof (2010). In 2020 is daar ou laaie en inmiddels het die digter as ‘n belangrike én…
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Petra Müller
I Gebore 1935, oorlede 2021. Die aandag van jou oë (2002) word in 2005 met die Hertzogprys bekroon. Sy debuteer in 1977 met Obool. In 1979 verskyn Patria en in 1984 is daar Liedere van land en see. In 1987 My plek se naam is Waterval en 1995 verskyn In die omtes van die…
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Lina Spies
I Lina Spies se antwoord op Eybers se “Jong seun” open ‘n fassinerende gesprek. Dit is soos twee doppe van ‘n skilpad: die twee verse sluit volmaak. Eybers se gedig, ‘n distigon, gee die perspektief van ‘n moeder op ‘n jong seun se seksuele ontwaking. Spies se gedig kyk na die jong dogtertjie se…
Huldeblyk: Menno Stenvert (14 Maart 1943 – 14 Maart 2024)
Menno Stenvert Menno Stenvert is op 14 Maart 1943 gebore in Breda, Nederland, en hy sterf Donderdag 14 Maart 2024 op sy 81ste verjaarsdag op Stilbaai in die Wes Kaap. Hy emigreer op 3-jarige ouderdom saam met sy ouers na Suid-Afrika en groei op in Pretoriawaar hy skoolgaan in Menlopark en op Afrikaans Hoër Seunskool waar…
Joan Hambidge. Eybers en ander digters: Lucas Malan
I Die digter Lucas Malan het ‘n studie geskryf, gebaseer op sy doktorale studie, Paradoks en Parabool: ‘n studie oor Ernst van Heerden se latere poësie. In 1978 behaal hy ’n M.A.-graad aan die Universiteit van die Witwatersrand met ’n verhandeling oor die digter Barnard Gilliland se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde. Gilliland is…
Joan Hambidge. Eybers en ander digters
Johann de Lange het op November 18 in 2012 verse vir Eybers opgeneem op sy blog Kaapse paragrawe. Ons vind hier pastiches, palinodes, huldeblyke, gesprekke, selfs kwatryne in hierdie huldigingsverse. http://johanndelange.blogspot.com/search?q=eybers Besoek 10 Maart 2024 Verse vir Eybers Lia Laimböck – Elisabeth Eybers. (40 x 40 cm – akriel & goudblaar op…
