Resensie: ek en jy bestaan nie deur Danie Marais. Tafelberg, 2024. ISBN 978-0-624-09500-2 Resensent: Neil Cochrane Met sy eerste twee bundels, naamlik In die buitenste ruimte (2006) en Al is die maan ’n misverstand (2009) het Danie Marais die Afrikaanse poësiegemeenskap aan die gons gehad. Dit is veral sy beoefening van…
Category: Resensies
Daar word gepoog om van elke nuwe Afrikaanse digbundel wat by ‘n gevestigde uitgewer verskyn, ‘n resensie op hierdie webblad te lewer. Vir ‘n inhoudsopgawe kyk na die opsies heelbo aan hierdie webblad.
Resensie: Die ses woorde van die Sigeuner: Gedigte van Kostis Palamas.
Die ses woorde van die Sigeuner: Gedigte van Kostis Palamas.. Uit Grieks vertaal deur Louise Cilliers. 2024, Naledi. Resensent: Marius Crous I Ek moet erken, ek het nog nooit van die Griekse sigeunerdigter Kostis Palamas gehoor nie, totdat ek hierdie vertaalde gedigte deur Louise Cilliers gelees het. Louise Cilliers is bekend as klassikus en is…
Resensie: “Liefde en verset” (André le Roux)
Resensie: Liefde en verset deur André le Roux. Human & Rousseau, 2024. R 320.00. 96 bladsye, Sagteband. ISBN: 9780798184861 Resensent: Joan Hambidge Te hel met sensuur! I Só word hierdie bundel bemark: André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is….
Resensie: I wish I’d said…Vol. 7 (Johann de Lange & Stanley Madonsela, Reds.)
Resensie: I wish I’d said…Vol. 7 (Johann de Lange & Stanley Madonsela, Reds.). Naledi, 2024 Resensent: Nini Bennett-Moll I Die AVBOB Poësieprojek is in 2017 gebore ná die dood van ’n seuntjie en sy oupa se onvermoë om by die oop graf sy gevoelens van rou en verlies te verwoord. Die gedagte om ’n webwerf…
Resensie: “Stil gesprek” (Jan Pretorius)
Resensie: Stil gesprek: Gedigte by die foto’s van Geo Jooste deur Jan Pretorius. Naledi, 2024. ISBN: 978-1-991256-89-8 Resensent: Marlies Taljard Stil gesprek: Gedigte by die foto’s van Geo Jooste bevat, soos die titel aandui, gedigte wat in gesprek tree met natuurfoto’s. Die bundel is pragtig op duursame papier uitgegee deur…
Resensie: Vlindervreter ( Melanie Grobler en Christiaan Diedericks)
Resensie: Vlindervreter deur Melanie Grobler en Christiaan Diedericks. Naledi. 2024. ISBN: 978-1-991256-64-5 Resensent: Marlies Taljard I Christiaan Diedericks se treffende omslagkunswerk van Vlindervreter, die minotourus en die sadhoe, suggereer die belangrikste kodes vir die interpretasie van hierdie interessante teks – 21 kunswerke van die drukgrafiese kunstenaar Christiaan Diedericks en gedigte van…
Resensie: “Miniatuur”. (Johann de Lange)
Resensie: Miniatuur, Johann de Lange, 2024, Gansbaai: Naledi. Resensent: Dewald Koen Soms wonder ek wat dit is omtrent die digkuns wat poësieliefhebbers bekoor. Is dit die bekroonde digter se naam op die digbundel se voorplat? Of miskien die bandontwerp deur boekontwerpers soos Michiel Botha of Karen Cronje? Dalk is dit die…
Boekbespreking: “Taboek” (Riku Lätti)
Boekbespreking: Taboek deur Riku Lätti. Naledi, 2024 Bespreking deur Marlies Taljard Riku Lätti se Taboek word deesdae sterk op sosiale media bemark. Die titel is afgelei van die woord taboe wat slaan op die skrywer se ernstige bevraagtekening van die feite wat in die Nuwe Testament vervat is. Hierdie feite is…
