Afgelope week vervies ek my vir die volgende resensie: Hier is blaaie se genot Volksblad , Jun 15 2009 12:40:51:100PM – (SA) NUWE KINDERVERSEBOEK saamgestel deur Riana Scheepers en Suzette Kotzé-Myburgh. Tafelberg-Uitgewers. Hardeband. R210. Op ’n onweersdag koop ek ’n…
Vrydag, 19 Junie 2009
Op haar gereelde rubriek De Thuiskok in die NRC Handelsblad skryf Marjoleine de Vos onlangs oor die wenslikheid van ‘n resepteboek met gedigte daarby. “Een bloemlezing van gedichten met recepten erbij, zou dat nu niet eens iets leuks zijn?” vra sy en voeg dan by: “Maar dan moeten die dichters natuurlijk ook wel een beetje eten…
Andries Bezuidenhout. Digters se mooi leuens
Ich bin so müde. Kom dit uit ʼn Jeanne Goosen gedig? Ek dink so. Waar het sy dit gaan haal? Ek is moeg, moeg, moeg; bowenal vir woorde. Verf eerder prentjies. Word gisteraand wakker. Staan op, gaan verf. Word vanoggend wakker met groen olieverf aan my lyf en die lakens. Vanoggend eerder dan iemand anders…
Die digter onder die appelboom
Die digter onder die appelboom Rutger Kopland (1934) is die skrywersnaam van Rutger H. van den Hoofdakker, emeritus professor in psigiatrie van die Rijksuniversiteit Groningen. Hy het in 1966 as digter gedebuteer en is sedertdien een van die gewildste digters in Nederland. Hy het ook heelwat essays oor die poësie en die psigiatrie gebundel. In…
Johann Lodewyk Marais. Die navorser skryf gedigte
Die sameloop van omstandighede kan wél onverwagte gevolge hê. In die herfs van 1992 was ek in ’n gesprek betrokke wat terugskouend boeiende gevolge gehad het en vir my van groot betekenis was. Die gesprek het oor die middaguur in ’n restaurant iewers in die noordelike voorstede van Johannesburg plaasgevind. Dit was in die dae…
Donderdag, 18 Junie 2009
Gert Vlok Nel Die veertigste Poetry International te Rotterdam loop môre ten einde. By De Contrabas kan ’n kostelike berig hieromtrent gelees word. So is daar byvoorbeeld die volgende verbluffende eerlikheid deur Martin Mooij (78) wat dié wêreldberoemde poësiefees in 1969 geïnisieer het; toe hy gevra is wat vir hom die vernaamste indruk is…
Andries Bezuidenhout. Too old to rock ‘n roll…
… too young to die. Ek dink dis Neil Young se woorde. ʼn Paar jaar gelede speel ek saam met die Brixton Moord en Roof Orkes by Oppikoppi. Ek het pas ʼn toer deur die land saam met die Belgiese sanger Guy Swinnen onderneem. Ons gig by Oppikoppi was die laaste in die reeks, maar…
Woensdag, 17 Junie 2009
Met die Poeziecentrum stewig by sy Vrijdagmarkt-plein ingeburger, wil Gent hom baie graag vestig as die mees vername kultuursentrum in Vlaandere; veral vanweë die prominensie van Antwerp in dié verband. Dit wil egter voorkom asof hulle nogal lastige probleme hiermee ondervind. In ’n artikel op De Contrabas plaas die bekende akademikus Yves T’Sjoen sy vinger op ’n…
