Moeder en Vader. Sout en Peper. Mes en Vurk. Rusland en Oekraïne? Dinge wat bymekaar hoort het gewoonlik iets in gemeen – ‘n liefde vir musiek of dieselfde sportspan. Ek hoor oor die radio hierdie week dat Chris Martin en Gwyneth Paltrow se paaie gaan skei. Die probleem is egter die kinders wat hul deel…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Jaco Barnard-Naudé. Eksistensialisme in ‘Skoppensboer’
Skoppensboer I ‘n Druppel gal is in die soetste wyn; ‘n traan is op elk’ vrolik’ snaar, in elke lag ‘n sug van pyn, in elke roos ‘n dowwe blaar. Die een wat deur die nag ons pret beloer en laaste lag, is Skoppensboer. II Gewis en seker is die woord: die skatte wat ons…
Andries Bezuidenhout. Walkie Talkie se ‘Noname Feniks’
Ek is nie seker hoe “spoken word” in Afrikaans vertaal word nie. Baie daarvan moet eerder gesproke bly en nooit opgeneem of opgeskryf word nie. Daar is egter uitsonderings. Soos Walkie Talkie, ʼn projek van Toast Coetzer, Jaco van der Merwe (van Bittereinder-faam) en HemelBesem. Hulle het vandag ʼn nuwe track vrygestel, een waarvan die…
Marlies Taljard: Herwonne land in beeld
Die term ekfrasis het sy oorsprong in die klassieke retorika – die kuns van oorreding – waar dit as stylfiguur gebruik is om ʼn gebeurtenis of ʼn voorwerp so duidelik voor die oog te roep dat die luisteraar dit as’t ware voor sy geestesoog kon sien. In die eerste hoofstuk van sy Poëtika wys Aristoteles…
Wicus Luwes. Perde en Poësie
(Cecil Skotnes se werk oor Wolraad Woltemade) Ek moet ophou om vleis laat in die aand te eet – veral die koue braaivleis uit die yskas. Die dinge wat my pla volg my dan rond in my drome of my drome gee my nuwe dinge om oor bekommerd te wees. Met die nasionale verkiesing om…
Jaco Barnard-Naudé. Pinsky en eksistenz-filosofie
Poem about People The jaunty crop-haired graying Women in grocery stores, Their clothes boyish and neat, New mittens or clean sneakers, Clean hands, hips not bad still, Buying ice cream, steaks, soda, Fresh melons and soap—or the big Balding young men in work shoes And green work pants, beer belly And white T-shirt, the porky…
Amanda Lourens. Taal as die mensdom se senuweestelsel.
Taal as die mensdom se senuweestelsel (Praatjie by Departement Afrikaans en Nederlands, US, 27 Februarie 2014) Wanneer ons dink waarmee ons almal besig is, weet ons ons werk met taal. Ons bestudeer taal en talige produkte op ’n wetenskaplike manier – soos dit op verskillende maniere in menslike samelewings waargeneem en gebruik word. Tog vang…
Wicus Luwes. Die waarde van woorde
‘Righty tighty Lefty loosy’ As alles maar net so maklik was om te onthou. Daardie paar woorde is so eenvoudig en tog so belangrik as jy in die waskamer instap en voel hoe die kouse aan jou voete nat word (en jy besef die kraan moet toegedraaai word). Sommige woorde is nou maar net van…
