Slava! Kharkiv Oblast, haar sonneblom sal kniel sodra die maan opkom. ’n Nagskut sal haar leed onthou met hierdie hulpkreet van ’n vrou en met die knal van bom op bom. En ons, die dooies, wag verstom terwyl die hommeltuig steeds om en om haar vaar en oor haar rou Kharkiv Oblast….
Category: Kompetisies
Anton Dockel. Vlug uit Oekraïne
Vlug uit Oekraïne By ’n stasie êrens in Pole skuifel die lokomotief grinterig in en stop – laat ons met ’n koffer winkelsak en ’n pop op ’n krioelende perron – ons wag, dis koud geen skote nie Al die stampvol treine sonder sit- of staanplek het later al vertrek sonder ons,…
Trienke Laurie. Coalbrook Mynramp
Coalbrook Mynramp 21 Januarie 1960 Vinger wys, vinger wys agterna – daartoe is ons geneig en dan sal ons ook vrae vra. Waarom het niemand die eerste storting van Desember 1959 aan die inspekteur uitgewys nie? Waarom is daar geswyg? Tweedegraadse steenkool is weer gemyn in die hoër strata. Dit laat ‘n…
Mellet Moll. Vroed
Vroed Die hoeke van die huis sal nie meer treur nie en die noordewind sal uiteindelik gaan slaap die getye sal soos maankinders op die oewers van die oseane speel, waar bedags die seevoëls soos ver lugskepe oor uitgestrekte kimme draal die hemelruim sal stil en ongerep bly aarsel oor twee mense…
Melanie Grobler. Drie gedigte
1 Vanaf genesis tot apokalips dwaal die ou nar deur die gebombardeerde stad blou, die sneeu bedekte katedraal se gesange slip om sirkel en deur melkblom flenters blou muurpapier en asvaal laning hanswors val onder ’n rooi sambreeltjie toe die duif oë knip vir die vreetmasjien en die sirkusolifante trompetter panservoertuie, afgryslike besitname…
Marthe McLoud. Weet jy dan nie
Weet jy dan nie? My broer se dogter in Amerika bestel ’n handgemaakte houtstoeltjie vir haar jongste – presies soos haar oudste kind s’n. ’n E-pos kom terug: Weet jy dan nie dat die Oekraïne in ’n oorlog is nie, dat ek en my vrou probeer om ons kinders van drie…
René Bohnen. Brief uit Kiëf 2022
Brief uit Kiëf 2022 met ʼn flitslig onder komberse speel ons gruwelsprokies in die nag die beer eet sonneblomme, die beer eet kinders hy het oranje oë, hy snuif olie die beer gooi bomme op die eerste sneeuklokkies hierdie rooi lente luider as die nagtegaal fluit missiele maar toemaar…
Trienke Laurie. Trustee Jordaan
Trustee Jordaan Trustee wat die bruinmense bedien het geleer as suster en was geëer. Volgens haar man het sy – deugdelike mens – Hoegenaamd niks deur die vloed verloor nie, Alles en almal keer na haar terug almal wie aan haar behoort, is ongedeerd. Die duif vind die regte karavaan maar fladder…
