Mevrou Klara Jacobs Ons het nog bly bid terwyl ons – voete in die water – op die dakrand sit. Windpompe breek soos vuurhoutjies op. Die lug was pikswart oor die Moordenaarskaroo tog na die noorde trek dit tydelik oop wys ʼn reënboog en gee ons hoop. Soos Elia met die…
Category: Kompetisies
Trienke Laurie. Andries van Wyk
Andries van Wyk Andries van Wyk vertel: Dit was soos om ʼn fliek te kyk; ek kon nie glo ek is deel daarvan. Iewers vandaan herinner ek my: Ek is ʼn opdrifsel – deel van die lewenstroom? Saam met my dryf letterlik: mense katte honde meubels kratte – die rivier se etter….
Trienke Laurie. Flip van der Westhuizen
Flip van der Westhuizen Ek sien die vloedfliek van die brug. As spoorwegman sê hulle my aan: “Keer weg die treine, rangeer hulle uit die dorp.” Daardie rampdag sien ek die treinbrug keer vereers die watervloed; die brug word ʼn damwal. Laingsburg is sowaar gebou reg in die rivier se pad. Ander…
Trienke Laurie. Terwyl ek skryf
Terwyl ek skryf Terwyl ek skryf, my inleef in die Laingsburgvloed stamp ek per ongeluk my waterglas verdrink: rekeninge aandenkings foto’s en my kamtige notas… Nou kan jy herskep, word gered as jy iets weet uit so ʼn vloed jou kruk – jou konka gassilinder vlot die wagwoord, die wagwoord Jy verhuis…
Marieta McGrath. God in ‘n ensiem
Foto: Andrew Johnson (Unsplash) God in ‘n ensiem My dogtertjie weier om verbruinde appelskywe te eet. Jig! sê sy en klem haar arms vas. Sy dink, glo ek, iets boos het met die appel gebeur. Sy’s bang vir wat sy nie verstaan nie. Bang vir wat sy nie kan…
Neels Jackson. Vreemde lente
Vreemde lente Laatwinter in die land van die sonneblom is daar geen teken van ’n lente wat kom. Al wat bloei, is die dood: die helder flertse kleur van bom op bom op bom. © Neels Jackson, 2022
Marieta McGrath. Aardse goed
Aardse goed Vanoggend het my kind per ongeluk my koffiebeker van die tafel afgestamp. Verlies is soms so klein. Dis net ‘n koffiebeker, aardse goed, nie genoeg om woedende vuur op ‘n kind te laat neerreën nie. Maar dit voel dieselfde die wêreld oor, die verlies aan beheer, dat niks aan…
Anton Döckel. Oekraïne Februarie 2022
Stalin se Stewels, monument in Boedapest Oekraïne Februarie 2022 Die wolfdoring staan en bloei wit wolwe en ‘n rooflied hef en hef lang huil – en huilbuie aan wit wolwe en ‘n rooflied…. (Hongarye 1956 NP van Wyk Louw) I. Die stewels van Stalin bly nog trap in Boedapest die podium…
