grendeltyd maar daar’s net geen druppel wyn bedel by broer bring vyf bottels virrie pyn mooi gemeet haal ons die gegrendelde end van toe word geslaap op bokse vol goue skyn © Helize van Vuuren, 2021
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (24)
Die makers wat die son in hierdie wyn vasvat het hul pad deur koors en kommer ook gestap. Elke teugie van die oes het dan dit ten doel: die lewensvreugde wat die tong nou bad. © Jaco Fouché, 2021
Kwatrynkompetisie (21-23)
(21) As ’n wynmaker sy geheime deel sy loflied uit die proeglas voorspeel met geure van sitrus, pruim of muskaat – behoede dat die virus die neus eerste steel * (22) in die wyn uit die bottel geskink, is die boeket uit korrel en sap gegis ’n kultivar sal die aroma bydra…
Kwatrynkompetisie (20)
Die doppe gis in die mos wag dat die virus laat los so klink ons solank ‘n glasie wit of rooi teen die 2019 vos. © Francois de Jongh, 2021
Kwatrynkompetisie (19)
Kelkiewynkwatryn Sy ark raak daagliks duwwer onder strenge kwarantyn, laat hierdie Noag vlugte waag teen covidkoors en pyn: Hy stuur sy waterdraerpatryse uit, die wingerdwêreld oor en wat hul vir die heildronk bring, is pure engelwyn. © Pirow Bekker, 2021
Kwatrynkompetisie (18)
met die room van die oes in ‘n glas en ‘n bottel of ses in die kas vergeet ons van kommer en covid en slaan hul hand met ‘n sluk in die as © Thomas Deacon, 2021
Kwatrynkompetisie (17)
Die geparste druif ken ook kwarantyn in elke koel kelder se skemerskyn totdat dit geskink en gedrink word in die helder son van ons samesyn. © Daniel Hugo, 2021
Kwatrynkompetisie (12-14)
(12) Persië was bekend vir lekker wyn en vir Khajjam se pittige kwatryn – met ‘n kombinasie van dié twee oorleef ons die knellendste kwarantyn. * (13) Khajjam het die vromes verbaas met lofliedere op shiraz – hy was ’n digter van die woesteny wat verlang na ’n wingerdplaas. * …
