(12) Persië was bekend vir lekker wyn en vir Khajjam se pittige kwatryn – met ‘n kombinasie van dié twee oorleef ons die knellendste kwarantyn. * (13) Khajjam het die vromes verbaas met lofliedere op shiraz – hy was ’n digter van die woesteny wat verlang na ’n wingerdplaas. * …
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (10&11)
(10) wynplaas by Blouvlei die stroewe wingerdstok se greep in die grond vat ook iets onstofliks vas – dit is in my mond gedra van elders reg deur donker kelders; ons ontspan net hier – ontsnap die koronakoors – : gesond! * (11) aan die voet van die Hawekwaberge die…
Kwatrynkompetisie (9)
(9) Brood en wyn Met brood en wyn, in liefdevolle samesyn, vier ons die lewe se mooi, ook nou midde-in pandemiepyn. © Elisabeth Hentschel, 2021
Kwatrynkompetisie (7&8)
(7) rooi wyn, witwyn, sterkwyn grendeltyd, illegal wyn, stoomtrein sigaretlong, vloek tong twintig-twintig se samesyn * (8) druifkorrels bars uit hul vel soos wyndruppels die dae tel van ‘n goeie rooi of rose om die mens se kwel reg te stel © Stef Cupido, 2021
Kwatrynkompetisie (6)
(6) eers pap deur die pes platgetrek hoe ellendig: dis net die tyd vir vrek maar nee klong die son kry toe nie gesak – bok, wie teug weer aan die wyn? dis mos ek! © Waldemar Gouws, 2021
Kwatrynkompetisie (2-5)
(2) Toe Pa dit sien… Gaste kom terwyl ons wingerd bewerk; sukkel met hulle, werkers en die werk. Met die pes los ons als langs plaasmure om te keer, toe ek oor’le Pa opmerk. * (3) ‘n Wyntjie op sy tyd Glo my, hul stap sy aan sy: pyn en…
Kwatrynkompetisie (1)
Kom, gooi nog ’n glasie van Mont du Toit: rosé vir die manne, rooi vir die nooi. Dit kom uit gesonde grond – wie proe bly ver van die pes en word nooit sy prooi. ©Daniel Hugo, 2021
Mont du Toit Kwatrynprojek: Die lewe is net vier reëls lank
Inskrywings word vir ‘n kwatrynwedstryd ingewag. Inskrywings moet laastens teen 30 April 2021 voorgelê word, per e-pos aan taljard.marlies@gmail.com Versindaba behou die reg voor om te besluit of ‘n kwatryn gepubliseer word of nie. Kwatryne wat nie aan alle vereistes voldoen nie, sal gediskwalifiseer word. Alle kwatryne wat aan die vereistes…
