I Hoekom kry sekere digters nie genoegsame aandag nie? Onbekroond “verdwyn” hulle. Tog lewer hulle ‘n enorme bydrae tot die digkuns. Só ‘n digter is Johan van Wyk. Heldedade kom nie dikwels voor nie is ‘n belangrike bundel binne die sub-genre van ekfrastiese digkuns. Genadiglik het die digter, toe hy nog gelewe…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Meta-geskiedenis, imagologie en hersirkulasie
I Ons beleef ‘n tyd waarin heldeakkers ómgeploeg word en pseudo-historici hulle uitlaat oor die geskiedenis. Alte dikwels sonder om argiewe te raadpleeg of ordentlike bronnavorsing te doen. Hierdie regstellende aksie is uiteraard gevaarlik. As daar wel iets vergete na vore kom, is dit tersaaklik, soos wyle Dan Sleigh, romanskrywer en navorser, by herhaling…
Joan Hambidge. Ekfrasis en beeldverse
Linda Hutcheon in A Theory of Parody maak ons attent op die sogenaamde “double voice” van die parodie. Dit transformeer altyd die oorspronklike teks waarmee dit in gesprek tree soos in die skilderye van Francis Bacon waar Velázquez se Pous Innocentius X se mag gedekonstrueer word. Die troon, skryf sy, word soos ‘n bed-kou….
Joan Hambidge. Ekfrasis
Op die voorblad van Linda Hutcheon se A Theory of Parody word ‘n skildery van Magritte se Perspective (Le Balcon de Manet) afgedruk.In hierdie studie verwys sy na die inter-art discourse van die parodie. Robin Robertson dig so: Glass of Water and Coffee Pot after Chardin These rooms of wood,…
Joan Hambidge. Very like a whale
I Wanneer ‘n geel of rooi kaart in sokker uitgedeel word, sien ‘n mens die verbasing, skok, ongeloof, woede op die gesig van die speler. Maar die skeidsregter het die oortreding gesien. En dan speel die kamera, stadig in slow motion, alles uit. In die digkuns is digters dikwels ongelukkig oor ‘n resensie wat…
Joan Hambidge. Nogmaals Robin Robertson
Robin Robertson se intieme gedigte is uiters boeiend. Hipotese: Daar bestaan ook genderverskille tussen gedigte van manlike digters (wat dikwels meer op die sien/kyk fokus) en vroulike digters wie se verse meer fokus op aanraking. Dit skryf hierdie leser in 2016 in ‘n resensie oor die heruitgawe van Fanie Olivier se bloemlesing Die…
Joan Hambidge. Ontoeganklike versus toeganklike gedigte
Menno ter Braak, ‘n modernistiese skrywer, verwys na “die duister digter” en die literator, A.P. Grové het ‘n reeks opstelle geskryf met hierdie titel in 1949. Is die “oop” toeganklike gedig “beter” of meer aanvaarbaar as die ingewikkelde gedig? Albei mag. N.P. van Wyk Louw het sowel eenvoudige as verwikkelde gedigte geskryf. Maar selfs…
Nini Bennett-Moll. Jimmy Carter as digter en rock ’n roll-president
Dit is 29 Desember 2024 – en die Amerikaanse vlag hang halfmas. President Jimmy Carter, die 39ste president van die VSA, is op 100-jarige ouderdom oorlede. Carter was nie net ’n wêreldleier en humanis nie, maar ook ’n skrywer en digter wat ’n omvangryke oeuvre nagelaat het. Meer as dertig publikasies het…
