I Jonathan Culler (1944 – ) se studies bly insiggewend. Hy het studeer aan Harvard Universiteit. Dosent aan Cornell, Oxford en fellow by Cambridge. Sy Structuralist Poetics (1975) en On Deconstruction (1982) bly bakens binne die literatuurkritiek. Sy studie Barthes (onder redaksie van Frank Kermode) is ‘n klein studie vol belangrike insigte. Culler het…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Roland Barthes: Système de la Mode
It is not the object but the name that creates desire; it is not the dream but the meaning that sells. I ‘n Besonder fassinerende en komplekse studie is Roland Barthes se Fashion System (Système de la Mode). Hy gebruik Elle en Le Jardin des Modes (die sogenaamde Fashion Garden) vir sy semiologiese…
Roland Barthes: Die grein van die stem
I Andy Stafford in ‘A Sensitive, Avid and Silent Political Subject’: Roland Barthes, Politics-Polemics-Pandemics skryf tereg: ___________________________________________________________________________________________________________ Barthes lived through deeply political and tragic times, born during the First World War and exempted from the Second World War due to illness: he saw the horrors and the vicissitudes of the…
Joan Hambidge. Roland Barthes via Philip Thody
I Op die Penguin-uitgawe van Cuddon se A Dictionary of Literary Terms and Literary Theory is daar ‘n afdruk van Roland Barthes wat sy belangrikheid as teoretikus beklemtoon. Langs Aristoteles en Samuel Johnson. Philip Thody wys daarop dat Barthes werk met die “infinite transcribability” in sy studie Roland Barthes: A Conservative Estimate (1977: 97)….
Joan Hambidge. Roland Barthes en sémanalise
I Die volledige oeuvre van Roland Barthes analiseer die werkinge van tekens en simbole en hoe betekenis in tekste gekonstrueer en gedekonstrueer word. Die ewige spel tussen taal en denke is wat Barthes se teoretiese werk so uitsonderlik maak. Sémanalyse is die versoening tussen die sémantique en translinguistique. Dit word alles briljant ontleed in…
Joan Hambidge. Barthes en die isotopie
I Annette Lavers wys in haar studie Roland Barthes: Structuralism and After op die ingewikkelde spel van isotopie met ‘n analise van ‘n koeplet van P. J. Toulet. Sy leen dit by Groupe ų (die Groupe de Liège) in 1977: Étranger, je sens bon. Cueille-moi sans remords: Les violettes sont le sourire des…
Liz van der Berg. Sheila Cussons se gedig “Immaculata”
Sheila Cussons is volgens Hugo (2006) ons mees erkende mistieke digter en was as Rooms-Katolieke gelowige vertroud met die mistieke tradisie wat duidelik neerslag vind in haar poësie en van ’n diep deurleefde kennis daarvan getuig. Swart (2014:167) wys daarop dat sy as een van die grootste Afrikaanse digters beskou word en onderskei die…
Joan Hambidge. Barthes verder via Annette Lavers
“The reader will easily see where I stand”. Mythologies. I Die teoretikus Annette Lavers wys in haar uitgebreide studie Roland Barthes: Structuralism and After op die inhiberende faktore van sy lewe beskryf in Roland Barthes deur Roland Barthes: die moeder ontvang geen finansiële steun as weduwee nie en word ‘n boekbinder in Parys;…
