I In Johann se Lange se laaste bundel Miniatuur staan hierdie motto van Borges opgeteken: Now I can forget them. I reach my center my algebra and my key, my mirror. Soon I will know who I am. Die soeke na die sentrum is sowel by Borges as De Lange aanwesig….
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Sheila Cussons en Borges
I Sheila Cussons se vertaling van Jorge Luis Borges, die meesterverteller, word gepubliseer as Die vorm van die swaard en ander verhale in 1981. Borges, die blinde skrywer, is veral bekend vir sy ficciones, maar hy is ook ‘n gerekende digter. En wat my betref een van die allergrootste storievertellers nog. En wanneer ‘n briljante…
Joan Hambidge. Die Postmodernisme en durende gesprekke
I Die hele kwessie van die postmodernisme as beweging of “mode” kom nou weer aan bod. https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/gesels-saam/repliek-as-volgelinge-in-vreemde-tale-begin-spreek-20250415 Besoek 17 April 2025 George Claassen, ‘n senior joernalis en navorser, maak sterk kapsie. Hierdie skrywer het hom al by herhaling uitgespreek teen onder andere RSG se godsdiensprogramme en mense se aanvaarding van onbewysbaarhede. Die hele gesprek tussen…
Joan Hambidge. Die nagkantoor van die digkuns
I Gister doen die uwe banksake. Langs my val The Coroner’s Wife, my bundel met vertalings o.a. behartig deur Johann de Lange, Jo Nel en Douglas Reid Skinner (met Michèle Betty as die finale redakteur). Die bloemlesing is opgedra aan De Lange. Opnuut kom ‘n mens onder die indruk van die feit dat die…
Yves T’Sjoen. Een rivier treedt uit haar oevers
Een rivier treedt uit haar oevers Voor een gesprek over Afrikaanse literatuur als onderdeel van een literaire canon van Zuid-Afrika – veeltalig, cultureel divers en inclusief – verwijs ik naar mijn repliek op de lesbrief van collega Roux. Ik kan hier volstaan met een verwijzing naar ‘O se boloke/Bescherm ons’ van DW B…
Joan Hambidge. Johann de Lange: Woord en wederwoord
I So dig Johann de Lange in sy laaste bundel Miniatuur: Bardo Thodol Bardo Thodol vir my lewe & dood, die grondves vir my dag & die antwoord op my gebed, my raaisels, & my nood – vir elke woord van my die wederwoord. So praat ek nou terug: Judasoog…
Joan Hambidge. Die epifanie: “Ek kan maar net by benadering leef …”
I Een van die opvallendste stylverskynsels in Johann de Lange se digkuns is die epifanie. Die gedig“Geel dag” uit Wordende naak illustreer hierdie stylgreep waarin die spreker ‘n versoening tussen die alledaagse en die sublieme ervaar en dit verbeeld. Digters bekend vir hierdie aanwending van ‘n stylverskynsel of –greep, wat as metafisies beskou kan…
Joan Hambidge. Johann de Lange – Vreemder as fiksie die grein van hunkering
Hoe maak ‘n mens ‘n bestekopname van ‘n vriendskap wat in 1982 begin het? ‘n Digter wat ons besiel het? Sy laaste bundel Miniatuur gee hy aan my met ‘n inskripsie: Miniatuur Mikro – of makro, mini – of maksi – dit bring dieselfde satisfaksie. Maksimaal of minuskuul, als gehoorsaam die molekuul. …
