Joan Hambidge gesels met Dominique Botha oor Donkerberg / Bloodwood Die retoer van die verlede / is nooit op die brosjures uitgewys nie 1 Hoe het dit gekom dat jy in ‘n bundel sowel in Afrikaans as Engels publiseer onder die titels Donkerberg / Bloodwood uitgegee deur Anton Kannemeyer? Het dit…
Category: Onderhoude
Gereelde onderhoude word gevoer met digters wat ‘n nuwe bundel gepubliseer het. Daar is ook soms onderhoude met buitelandse digters of letterkundiges. Kyk na Indekse indien jy die volledige lys wil sien van onderhoude wat geplaas is.
Onderhoud met Meyer van Rensburg (Heenkoms)
Nini Bennett gesels met Meyer van Rensburg oor sy bundel, Heenkoms, Imprimatur-Uitgewers, 2021. Nini Bennett: Meyer, baie geluk met jou tweede bundel, Heenkoms. Ek het die bundel terdeë geniet: jou vernuftige omgang met die digterlike woord is merkwaardig. Daar het egter ’n paar jaar verloop sedert jou debuut, Klankmanwoordboom (1983). Jy het…
Onderhoud met Joan Hambidge (Konfessies, kaarte en konterfeitsels)
Marlies Taljard gesels met Joan Hambidge oor haar bundel Konfessies, kaarte en konterfeitsels. Imprimatur, 2021 Marlies Taljard: Joan, ek het pas jou nuwe bundel, “Konfessies, kaarte en konterfeitsels” van Imprimatur ontvang en moet jou gelukwens. Die bundel is stylvol en professioneel uitgegee en ek het dit ‘n uitdagende dog bevredigende leeservaring gevind….
’n Woordkunswerk in eie reg sonder die beitelmerke van die vertaler
Marlies Taljard gesels met De Waal Venter oor sy vertaling van Tranströmer, Alles keer om. Marlies Taljard: De Waal, ek het pas jou pragtig versorgde bundel Alles keer om ontvang wat deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns uitgegee is. Baie geluk met ‘n waarlik indrukwekkende vertaling van die digter Tomas Tranströmer…
Onderhoud met Johann de Lange
Nini Bennet gesels met Johann de Lange. Johann de Lange en Goodenough Mashego is die redakteurs van I wish I’d said … Volume 3. Die AVBOB-Poësiekompetisie wat uiteindelik sal kulmineer in ‘n vierde volume van dié gedigte, het Maandagnag ten einde geloop. Daar lê nou ‘n harde pad voor van keuring vir al…
Onderhoud met Hennie Meyer (Winkel van wanklanke)
Alwyn Roux gesels met Hennie Meyer oor sy bundel Winkel van wanklanke. Protea Boekhuis, 2020 AR: Die titel van jou bundel is Winkel van wanklanke. Kan jy ons asb. meer oor die titel van die bundel vertel? HM: Die titel kom al baie jare saam met my mee. Ek het in 2008 die…
Onderhoud met Louis Esterhuizen
Marlies Taljard gesels met Louis Esterhuizen oor Die gladde stiltes in glas. Protea Boekhuis, 2020 Marlies Taljard: Louis, jou nuwe bundel, Die gladde stiltes in glas, het so ʼn week gelede by my aangekom, en intussen het ek tyd gehad om myself daarin te verdiep. Hoewel daar baie vrae is wat…
Onderhoud met Cas Vos
Marlies Taljard gesels met Cas Vos oor sy bundel Beskut teen vrese. Naledi, 2020 Marlies Taljard: Cas, baie geluk met jou pragtige nuwe bundel Beskut teen vrese. Die voorblad van Karen Cronjé met ‘n voël wat teen ‘n agtergrond van bas uitstaan, is besonder mooi. Hoe hou die voorblad verband…